Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Mondmusiek

Mondmusiek

Digters is nie altyd die beste voorlesers van hulle eie werk nie. Maar dit bly interessant om te hoor hoe 'n skrywer dit doen - veral as dit die enigmatiese en aweregse Breyten Breytenbach is.

'n Opwindende projek, noem Rhythm Records en Human en Rousseau dit - digitale opnames van 16 van die digter se verse, met homself as stemkunstenaar en agtergrondmusiek wat verskaf word deur talentvolle plaaslike kunstenaars soos Benguela, Paul Riekert, Jean Marais en Laurinda Hofmeyr. Saam met die cd word die 16 tekste wat musikaal verwerk is in 'n aantreklike boekvorm uitgegee.

Die snitte op hierdie CD is: "jy gee geboorte aan jou asem/blomme vir boeddha", "my woorde is 'n wind waar die reën reeds was", "nagmaal", "sit, sien", "ek sal sterf en na my vader gaan", "hoe vaak was ons hier tussen koeltes op die vloer", "bruin reisbrief", "selfportret van 'n poes-modernis", "swart dood 1348", "tronkvoël", ":is klaps par gel te nar?", "hiiiiieeeeeeee", "noem dit hart", "song of the masters", "genesis genees" en "woordkasteel".

Breyten Breytenbach is een van die grootste en belangrikste digters in Afrikaans. Hy woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook 'n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Engeland.

In 1999 is die Hertzogprys vir Poësie aan hom toegeken vir Oorblyfsels: 'n roudig (1997) en Papierblom (1998).
Koop/Buy Mondmusiek...
of
Koop / Buy Mondmusiek MP3's ... (net een of almal)



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner