Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Die Grafsteensangers

Droefsange, weenwysies en treurmares. Dis wat Die Grafsteensangers hulle publiek bied en net waar die groep gaan steek mense in hulle vier spore vas en vra vir meer.

So gewild is Die Grafsteensangers dat hulle tweede cd pas die lig gesien het en boonop is hulle nou ordentlik en belangrik genoeg om van die dienste van 'n musiekmaatskappy - Select - gebruik te maak.

Select sê die groep het 'n trotse geskiedenis wat nie sommer van gister af kom nie. Sowat 30 jaar gelede was daar 'n groepie studente aan die Normaalkollege in Pretoria wat so tussen die swot en meisies en ouens deur veel plesier gehad het aan die maak van musiek en sing. Hulle het gehou van die tranetrekkers wat as genre groot byval gevind het en het ook hul eie liedjies op die geaardheid daarvan geskep.

Hulle het as 'n serenadegroep genaamd Die Grafsteensangers die studente met hul sang vermaak. Aan die einde van hul studies het die groep ontbind, maar hulle liedjies het in die harte bly leef.

Een van die oorspronklike Grafsteensangers se groot bewonderaars Fanie Pretorius het hom in die groter Staatsdiens begeef waar hy mettertyd as parlementêre beampte aangewys is. Die parlementêre dorpie Akasiapark in die Kaap het 'n lewendige sosiale program gehad en koffiehuiskonserte was veral baie gewild. Daar het Die Grafsteensangers herrys en die kern van die huidige groep het so twaalf jaar gelede in Akasiapark bymekaar gekom.

Die Grafsteensangers het deur die afgelope paar jaar net so af en toe saamgekom en op versoek familie en vriende vermaak. Voorverlede jaar het Die Grafsteensangers die stoute skoene aangetrek en tydens Aardklop op Potchefstroom hulle vertoning aan die breër publiek bekendgestel en die reaksie was oorweldigend!

Getrou aan die aard van die serenadegroep is die huidige Grafsteensangers 'n groep troebadoere wat (gewoonlik) in hulle 1940 Chevy lykswa genaamd Scrappie opdaag, uitklim en sing en daarna weer vertrek.

Die karakters het eintlik net voor Aardklop verlede jaar werklik beslag gekry. Tydens die bespreking oor wie en wat die groep moet wees, het een van die lede van die groep Marie Lee Venter gesê sy is reeds 21 jaar 'n weduwee en sy kan niks anders wees nie.

Vandaar dan dat die ander lede almal een of ander verbintenis met die Weduwee het. So het die Weduwee se Suster, die Weduwee se Skoonsuster, die Weduwee se rowwe Broer en die ander karakters ontstaan.

In Maart 2001 het die volgende karakters Die Grafsteensangers uitgemaak: Die Weduwee, Die Ondernemer, Die Weduwee se Suster, Die Weduwee se Skoonsuster, Die Weduwee se Rowwe Broer, Die Suster en Skoonsuster se Hollandse Boyfriend Mnr Toets van Boorgate, Die Stasiemeester tot voor die brand....tans Busbestuurder, Die Dogters gebore tussen huwelike, Die Kleinneef so pas uit die koshuis, Die Assuransieagent, Die Speurder en laaste en die minste...die Wulpse Niggie uit die stad.

Van die liedjies wat hulle sing.nee voordra, vertolk en uitvoer (a capella, nogal) is "Daar onder in die vlei", "My Vader", "Die Goudstad-liggies", "Die trein na Pretoria", "My Seuntjie", "Moenie aan Pappie meer sjerrie verkoop nie", "Die lig in die venster", "Die swartomlynde brief", "As dit nag is in die Bosveld", "Wilgerboom", "Petronella", "Tienduisend myl", "Skryf vir my 'n briefie", "Boereseun" en "Hier sit ek om my kersie".

Martjie Roos van Select Musiek sal glad nie omgee om meer inligting oor Die Grafsteensangers se jongste CD te gee nie.
Koop/Buy Moenie aan Pappie meer Sjerrie verkoop nie...
Koop/Buy Trane op my kussing...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner