Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

'n Funky Spinnekop en 'n paar Patattas

Dit was geen osbraai op Kromdraai hierdie nie, maar die Patatfees op Napier. Jy kan maar sê dit was die afskop Vrydagaand in die Napier Hotel, want al wat leef en beef het 'n ietsie kom proe of net uit nuuskierigheid kom staar vir die snaakse goeters uit die stede.

Die bierwalms by die kroeg het verander in die reuk van goedkoop parfuum as jy in die rigting van die pool-tafel beweeg het, daar waar Spinnekop sy plek ingeneem het. Nou en dan het 'n dronkie op pad toilet toe die mikrofoon voor Gian Groen se mond weggeskouer of 'n bloutjie geloop het met een van die luidsprekers op die bierkiste. Nie dat iemand vreeslik omgegee het nie, want die meisies het van heinde en verre ingestroom om te boogie.

Spinnekop het besluit om dit kalm te vat in Napier se kroeg en eers aan te kook te gaan by die Tassenberg Innieskuur Rockshow die volgende aand oppie dorp. Net voor die eerste stel gehoor is was die manne se haarstyl natuurlik druk onder bespreking en die locals het tot in die fynste besonderhede bespreek hoe daai lokke gaan waai. Net na die stel was dit 'n heel ander prentjie en die sêlle ouens sou soet patats uit die groep se hande eet, want "... magtag man, hoor jy die kêrels sing as jy funky wil wees moet jy Huisgenoot lees". Ek het stilweg gehoop die ouens gaan ten minste 'n bergieparfuum of twee 'n mis gee en 'n skamele R60 spandeer op 'n aankoop van Spinnekop se cd Soet September.

Teen die tyd dat "Roekeloos in Dorpstraat" aangebreek het was daar ander gedagtes in my kop oor daai mikrofoon wat dalk as 'n kruk gebruik kon word en iemand met goedkoop parfuum ter ondersteuning onder die ander skouer. Met die ontdek ek een van die pasellas van my kamer bo die kroeg. Met die vensters op die balkon wawyd oop kan jy die bes moontlike ervaring ooit op Napier hê, Spinnekop van doer onder in jou ore en die reuk van goedkoop parfuum van bo.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner