AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Varke, Marbles en ander Verlore GoedDertien mynhuise later trek hulle na 'n sitrusplaas in die Noordwes Provinsie waar hy leer om 'n plaasseun en koshuisbrak te word. Op skool wen hy vele kultuurpryse en word ook 'n keer of wat geskors. In 1989 woon hy die eerste Houtstokfees by - 'n lewensveranderende ervaring. In matriek pluk hy Rekeningkunde, en besluit toe om dit verder te bestudeer en gaan swot toe Rekeningkunde by die Tegnikon Pretoria. Hier sluit hy aan by die Rondomtalies, 'n Afrikaanse musiek- en revuegroep, en toer saam met hulle deur die land met verskeie verhoogproduksies. In die vroeë 1990's begin hy speel in straatkafee's in Sunnyside, Pretoria, waar hy sy tande en lewer slyp vir die musiekbedryf. Weens liefdesteleurstellings, Land Rovers en diverse loopbane bou hy genoeg materiaal op om sy eie musiek te skryf. Kristoe het al op die SABC2 musiekprogram Geraas sy verskyning gemaak, by Oppikoppi gespeel, en by vanjaar se KKNK die verhoog gedeel met sy "maaikie" en ikoon, Koos Kombuis. As gevolg van sy vriende se hulp en geteem het hy so pas sy eerste CD bekend gestel - Varke, Marbles en ander Verlore Goed. Hierop speel hy 11 van sy eie komposisies. Soos die titel aandui, handel die musiek oor sy diverse persoonlike ervarings en raak hy onderwerpe aan soos liefde, haat, Suid-Afrika en die wêreld om ons - van die mooiste (liefde) tot die lelikste (moord, dood en kindermolestering) wat elke dag om ons plaasvind. |
Musiek |