AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Wie is Adam Tas?As jy dink dit was 'n Griekwa-hoofman in die dae van Simon van der Stel, is jy reg, maar ook verkeerd. Adam Tas mag dalk 'n Griekwa-hoofman gewéés het, maar die hedendaagse Adam Tas ís 'n rocker. En 'n gatskopper daarby!Adam Tas is 'n gebore en getoeë Pretorianer. Dit was daar waar hy sy eerste treë gegee het en dit was daar waar hy die eerste keer 'n kitaar vasgehou het. Dit was daar waar hy die eerste keer vir Valiant Swart (sy hero) in aksie gesien het en dis dan seker ook heel gepas dat Pretoria die eerste teiken is in sy poging om die wêreld te verower! Adam Tas het die eerste keer op hoërskool met 'n kitaar kennis gemaak, vanwaar hy nooit weer teruggekyk het nie. Al wat hy nog ooit wou doen, was om musiek te maak en sommer direk na skool het hy begin werk maak van sy droom deur vir enige iemand wat wou luister, kitaar te speel en te sing. Aanvanklik was dit klein pubs en koffiekroeë, maar vandag het hy 'n loyal following wat altyd met 'n smile by 'n gig wegstap. Alhoewel die meeste van sy gigs baie akoesties van aard is, is hy 'n rocker in sy hart en wanneer Die Huursoldate hom join, rock hulle tot die honde huistoe kom! Sy debuutalbum Nag van die Nerf is onlangs vrygestel en is gewis meer rock, as akoesties van aard en weerspieël dus die ware Adam Tas baie beter. 'n Bietjie meer oor Nag van die Nerf - Wildebeest Records het met trots een van sy nuutste spruite bekengestel, vars uit die teelstal van hierdie trotse Afrikaanse platemaatskappy - Adam Tas! Sy debuutalbum, Nag van die Nerf, beloof om verlore vertroue in oorspronklike Afrikaanse kunstenaars te herwin. Daar is gepoog om die album so eenvoudig as moontlik te hou. Oorbodige produksie en eindelose klankvermenging sal jy nie hier vind nie. Die idee is om die publiek te herrinner daaraan dat enige kunstenaar goed kan klink met behulp van vandag se gevorderde tegnologie, maar dat ware artistieke talent na vore kom deur die opname eg te hou. Die album is dus gemaak en so gelat staan, wat 'n produk meebring wat teruggaan in tyd en jou herrinner aan die Afrikaanse troebadoere van ouds. Die album bevat 14 songs uit die pen van Adam Tas homself, sowel as dié van Gizelle le Roux. Adam Tas se band staan bekend as Die Huursoldate en hierdie drietal ervare musikante (voorheen van Four Ounce Freedom) sorg dat die ballads bloei en die rock-songs lewe. Soos dit goeie Afrikaanse seuns betaam, natuurlik. Nag van die Nerf is 'n reis deur die denke en drome van Adam Tas. So kry die liefde, oorlog, hekse, spookstories en selfs geskiedenis 'n beurt. Daar word ook 'n tong-in-die-kies kykie gegee na die neiging vandag om al wat 'n ou volkstreffer was, af te stof en as 'nuut' aan te bied. Luister na "Sarie Marais" (vat so, Sarie Marais!) vir 'n gatskop-cover. Gizelle, mede-skrywer, sorg vir die stroopsoet vocals op "Faam" en "Donkerpad", twee pragtige ballades wat die hare op jou nek sal laat rys. Adam Tas kan egter nie net jou hart laat smelt nie, hy kan rock ook! "Spook van Langebaan", "1652" en "Nag van die Nerf" bewys net weer dat Afrikaans ongetwyfeld kan saampraat wanneer dit by rockmusiek kom. Drie van die snitte op Nag van die Nerf is ook op Volk Jou Ook, die onlangse Widebeest-vrystelling, gebruik. Die idee agter daardie projek was om die rou kreatiewe wyse waarop 'n band songs in die studio bymekaar sit, op 'n CD op te neem, en dit sonder enige fieterjasies aan die publiek weer te gee. Nag van die Nerf is 'n verlenging van die ideologie wat tot Volk Jou Ook gelei het. Adam Tas is 'n beginner, maar dat die vrystelling van sy debuutalbum die eerste tree in 'n lang loopbaan sal wees, is seker. Sy entoesiasme, eerlikheid wat lirieke betref en ooglopende talent beloof om die bestanddele te wees van 'n suksesvolle loopbaan as Afrikaanse liedjieskrywer. Ons glo dat jy sal saamstem. |
Musiek |