Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Op 'n klein blou ghoen

Die titelsnit van Amanda Strydom se nuwe album Op 'n klein blou ghoen is heel gepas gekomponeer in die Sterrewagteater in Bloemfontein. Die omslag wys 'n weerlose planeet Aarde in 'n swart hemelruim.

Hierdie album is iewat anders as haar vorige treffer-albums Vrou by die spieël en Hotel Royale. Al die liedjies, behalwe die titelsnit en die Breyten Breytenbach-lied Dagreis vir 'n mens, is akoesties opgeneem met Janine Neethling op klavier en akkordion, Juan Oosthuizen op akoestiese en elektriese kitaar en Graeme Currie op akoestiese en elektriese bas.

Janine Neethling, Amanda se begeleier, is die musikale regisseur van die album en het al die verwerkings gedoen, behalwe vir Dagreis vir 'n mens wat Didi Kriel verwerk het vir die Om te Breyten-album.

Daar is vier liedjies uit Amanda se pen op die cd: "Op 'n klein blou ghoen", "Die brille en pille blues", "Ons kan laat lê" (gekomponeer saam met Lize Beekman) en "Trippe trappe trone" wat sy geskryf het oor haar wedervarings in Europa vir die kykNET televisiereeks met dieselfde naam. Strydom en Neethling het ook 'n "FAK-keurspel" en die tradisionele Liewe maan met 'n jazz/blues-gevoel verwerk.

Lize Beekman, wat verantwoordelik was vir vyf liedjies op Amanda se SAMA-benoemde album Vrou by die spieël het "When you call me sweetheart" vir die album geskryf en ook "Die vlam" deur Deon Opperman getoonset. Daar is 'n duet saam met Elzabé Zietsman, "Cry if you want to" van Holly Cole, en Amanda sing ook Stef Bos se "Die taal van my hart" en Johannes Kerkorrel se "Hillbrow".

Nita by JNS Musiek kan help met nog inligting oor Op 'n klein blou ghoen. Haar telefoonnommer is (011) 482-2001, of stuur e-pos aan Nita by JNS Musiek.

Koop / Buy Op 'n klein blou ghoen ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner