Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Dovesdale verlange

Solank daar Afrikaans gepraat word, sal daar Boeremusiek wees - dit word bewys deur die navrae wat ons kry oor dié geliefde vorm van volksmusiek waarin sommige mense so 'n hekel het. Soos die omslag van dié album sê: Nes iemand Boeremusiek se dood verkondig, verskyn daar 'n nuwe kunstenaar of groep wat die verbeelding aangryp en skielik is Boeremusiek weer springlewendig.

Engela en Hennie Herbst, oftewel die Dovesdale Boereorkes, sorg op dié album vir verwerkings van tradisionele nommers soos Waenhuis van Japie Laubscher, Nico Carstens se Warmpatat en Suikerbossie, en 'n hele paar nuwe komposisies. Hulle musiek wil neig na die ou tradisionele Boeremusiekklank, maar die hedendaagse tegnologie gee 'n nuwe dimensie aan die meer bekende nommers wat 'n vars klank na vore bring.

Engela speel van kleins af trekklavier en haar pa, Bob van der Westhuizen, was 'n bekende in Boeremusiekkringe. Hennie is 'n baskitaarspeler en nadat eers Engela se pa en kort daarna, haar swaer, oorlede is, het hy gou die ritmekitaar leer speel. Engela het 'n paar van die nommertjies op die album self geskryf en sy het ook gesorg vir die verwerkings.

Dovesdale Verlange sal die voete laat jeuk en 'n lekker sokkiejol lewe gee. Die album word bemark deur Decibel Musiek en EMI Musiek is verantwoordelik vir die verspreiding.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner