AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Dolla se albumAfrimusik werk hard om minder bekende plaaslike kunstenaars blootstelling te gee. En dit werk - want baie van hulle kunstenaars raak al huishoudelike name. En dis nie hierjy kunstenaars nie - kyk nou maar na die name op Dolla se Album se kredietlys: Dowwe Dolla, Eden, Pedro Kruger, Delta Blue, Almuir Botha, David Kramer, Spinnekop, Gert Vlok Nel, Maatjie, Jakkie Louw, Gramadoelas, Clarabelle van Niekerk, Voël, Johannes Kerkorrel en Die Stoepsangers. Hier is 'n versameling, sê Afrimusik, wat met eerste oogopslag soos 'n groot platemaatskappy se handels-uitreiking lyk. Dit is ook dan die idee - kyk egter mooi na die snitte. Beslis nie 'n saamgeflanste samestelling-album om gou geld te maak uit 'n paar afgeleefde goue treffers nie. Dolla se album is 'n poging om Afrimusik se radio-vriendelike (interessante uitdrukking!) kunstenaars Spinnekop, Voël, Jakkie Louw en Delta Blue 'n kans te gee om met die hulp van nimlike Dowwe Dolla as bemarkingsagent 'n hoofstroom-mark te bereik wat tot dusver relatief ontoeganklik was vir hulle. Die huishoudelike name van David Kramer, Johannes Kerkorrel en nuwe sterre Eden verskaf gevestigde gewig aan die grasie van Clarabelle Van Niekerk en die aweregse boereghoema-punk van die Gramadoelas. Dolla is dan nie net Dowwe Dolla nie, maar ook 'n aanwyser na miskien 'n nuwe genre (in naam): loli-pop. Die amper modieuse retro omslag is pret en met die ikone van 'n radio, 'n braairooster, 'n macho armspier en 'n lekker ou kar herinner dit aan vervloë dae se braaivleis, sonskyn en Chevrolet. "Dolla se song" en Eden se "Dink jy darem nog aan my" skop af op 'n suiwer pop noot. Spinnekop se "Tiger en Louise", David se "Meisie sonder sokkies" en Delta Blue se "One more blue" saam met Almuir Botha en Nico Carstens se "Hoe ry die trein", behoort enige braaivleis vuur lekkerder te laat brand. Kerkorrel se pragtige "Somer, bring heimwee", Voël se "Dis net vir jou" laat mens saamsing. Speel hierdie cd by 'n paar partytjies en jy ontdek moontlik 'n diepte in Afrikaanse pop-musiek wat by ieder en elk sal aanklank vind.
Maak gerus 'n draai by Afrimusik se interessante webplek of stuur e-pos
met navrae aan Johann Kotze. |
Musiek |