AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Siembamba BabyElle Chapman het 'n paar jaar gelede, gedurende die Vuurdoop '98 -kompetisie, die afdeling vir kontemporêre Afrikaanse musiek gewen. Met 'n bietjie ondersteuning van 'n paar instansies, en ook seker weens die behoefte aan 'n andersheid in die Afrikaanse klank, is haar debuut-vrystelling Siembamba Baby nie dit waaraan die meeste liefhebbers van Afrikaanse musiek die afgelope paar jaar gewoond geraak het nie. Oor die algemeen is een van die probleme in die Afrikaanse musiekbedryf, dat dit baie konstant is. Nie dat kunstenaars nie kom en gaan nie, maar herhaaldelike pogings om 'n "nuwer" tipe klank te skep, ly skipbreuk en op die ou einde is dit die "tradisionele" klank soos ons dit ken wat weer seëvier. Mens wil-wil net begin wonder of Afrikaans as taal dalk net vir 'n sekere musiekstyl bedoel is. As mens Elle Chapman rofweg met net een begrip wil opsom, is Amanda Strydom die kunstenaar wat in jou kop opkom. Sommiges sal wil voorgee dat die musiekstyl wat Elle aanpak dié van kontemporêre Afrikaans is. Behalwe dat dit eintlik op plekke effens steurend is om na te luister, bly die algemene strekking van die album 'n kabaret-aanbieding. Mens kry die gevoel dat kunstenaars soos Elle, wat iets anders in die Afrikaanse musiekbedryf probeer aanpak, as gevolg van Amanda se sterk invloed, ook as 'n kabaret-kunstenaar geklassifiseer sal word. Siembamba Baby skop op 'n heel harde noot af met die eerste paar snitte, maar neem dan 'n rustiger wending in. Soos die Kanadese rocksanger Alanis Morissette, weerspieël baie van Elle se komposisies 'n mate van aggressie, pyn, en die keersy, liefde. Haar aanbieding is in 'n verteller-styl met 'n harde, growwe Afrikaanse aksent wat by geleentheid irriteer. Kyk jy na die omslag, besef jy dat hierdie dametjie nie net daarop uit is om 'n vinnige paar rand met haar stem te maak nie. Die eerste snit op die album, "Toe tyd nog groen was", is gebasseer op Hoofstuk 2, verse 8 en 9 van Genesis. In haar eie woorde definieer Elle die stukkie musiek as volg: "Geesteskoma van 'n hedendaagse 1e-wêreld: 'n antitese". Só het sy oor die liedjie Digby die volgende te sê: "Droomblikke van 'n slagoffer van die groener weivelde-sindroom". Dié katjie moet dus nie sonder handskoene aangedurf word nie, maar ongelukkig is die meer kontemporêre nommers meer krapperig aan die siel as wat dit luisterbaar is. Die rustiger snitte is vir die gemiddelde luisteraar makliker verteerbaar. Siembamba Baby is nie jou gemiddelde lekker-luister album nie. Dit is een vir die uitgelese musiekkenner, wat so bietjie meer as ligte vermaak soek. Meer inligting is beskikbaar by JNS Musiek, (011) 482-2001/2. |
Musiek |