AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Koop/Buy A Classical Christmas With Helmut Lotti... From Russia with love... Helmut Lotti goes Classic, Final Edition... Helmut Lotti goes Classic, The Blue Album... Helmut Lotti goes Classic, The Castle Album... Helmut Lotti goes Classic Vol. 3... Latino Classics... Latino Love Songs... My Tribute to the King... Pop Classics In Symphony... Out of Africa... Romantic... Romantic Vol 2... The Christmas Album... ![]() Helmut LottiDie Belgiese tenoor Helmut Lotti se gewildheid in Suid-Afrika word bevestig deur die feit dat hy al meermale hier 'n draai kom maak het. Dit beteken ook dat sy Out of Africa-cd wat so gewild is dat dit reeds platinumstatus bereik het, weer groot belangstelling sal uitlok. Vir dié wat nog nie met Out of Africa kennis gemaak het nie, wag daar 'n verrassing. Dis nie stywe opera-musiek dié nie. Dis opwindend, polsend en meesleurend - aan die een kant omdat mens meeste van die melodieë ken, maar ook omdat dit 'n uiters professionele produksie is met ryk, vol verwerkings vir koor en orkes. Daar's beslis nie afgeskeep toe dié cd gemaak is nie! Helmut Lotti is mal oor Afrika en Suid-Afrika. Dit hoor mens in die passievolle manier waarop hy ons wysies - Engels, Afrikaans en in van die swart tale - gevat en aangepas en verwerk het om by sy styl te pas. Die titelsnit "Out of Africa" het Lotti self geskryf. Hy neem mens aan die hand en wys jou hoekom dié uitgestrekte kontinent met sy skerp kontraste hom so aangegryp het. Daarna volg Johnny Clegg se Zoeloe huldeblyk aan Nelson Mandela "Asimbonanga". Lotti maak ook 'n draai in oos- en sentraal-Afrika met die Swahili liefdeslied "Malaika". Nog 'n paar hoogtepunte is "Qungqothwane", oftewel "The Click Song", "Mbube Wimoweh" - "The Lion Sleeps Tonight", "Pata Pata", die onvermydelike "Shosholoza" en "Jikela Emaweni Hamba!", waarvoor die Bloemfonteinse Kinderkoor by Lotti aansluit. Natuurlik kon "Sarie Marais" nie uitgelaat word nie en die CD word afgesluit met Lotti se roerende Xhosa- en Sothoweergawe van "Nkosi Sikelel' iAfrika". Baie oorsese kunstenaars het al groot geld uit Afrika en Suid-Afrika gemaak en dit is seker hier ook die geval. Maar mens kry die gevoel dat Lotti opreg is wanneer hy sê dat Afrika hom geraak het. En as hy sorg dat waardering vir ons kontinent en sy musiek in die buiteland groei, sê ons dankie en viva! Out of Africa word versprei deur EMI. Skakel Shereen Heukelman by (011) 406-4154 vir verdere inligting. Koop/Buy A Classical Christmas With Helmut Lotti... Koop/Buy From Russia with love...
Koop/Buy My Tribute to the King... Koop/Buy Pop Classics In Symphony... |
Musiek |