AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Country Lang-arm sokkieOor die afgelope paar jaar het Suid-Afrikaners bederf geraak met die Langarm-Sokkie-reeks. Wat hierdie reeks juis so geslaagd maak, is dat Afrikaanse musiek keurig ingevoeg word tussen internasionale sterre s'n. Selfs dié wat nie 'n liefde vir die Afrikaanse genre koester nie, mag dalk net êrens in die huis of die motor 'n kopie van 'n Langarm-Sokkie-dansalbum hê. Hierdie Langarm-Sokkie-sensasie is 'n versameling van lekker sokkie-sokkie treffers wat met enigiets vanaf techno-dansklubtreffers tot by plaaslike snitte boer. Met die nuutste uitreiking Country Langarm-Sokkie word 'n versameling uitsluitlik vir kontrei-liefhebbers bymekaar gejaag. Maar wees gewaarsku: van diep, oorspronklike kuns is daar hier nie veel sprake nie. Country Langarm-Sokkie sal vasdansbegeesterdes aan die brand hê! Plaaslike name soos Rocking Horse, Clive Bruce en Freda Francis maak hulle buiging op hierdie versameling. Dan is daar ook ander bekendes snitte soos "Stumblin' in", "For a few dollars more" en "Baby makes her blue jeans talk". Country Langarm-Sokkie spog dus met 17 van die gewildste countrysnitte wat elke aand op Suid-Afrikaanse dansvloere geniet word. Nog 'n klompie waarvoor jy kan uitkyk op hierdie album: "Crossfire", "It must be love", "The Spanish Night is Over", "Oh lonesome me", "Red River Rosie", "She's so in love" en "Tequila Sheila" - en dit alles boonop oorspronklike kunstenaars. Vir die wat nog altyd 'n volmaakte lekker-kuier, country-versameling met 'n Afrikaanse geur wou hê, mag Country Langarm-Sokkie dalk net die ding wees.
Die reeks word deur Hoezit Musiek uitgegee en deur Select versprei. Vir verdere navrae, kontak vir Kevin van der Spuy by Hoezit Musiek by (021) 852-3969. Die e-posadres is: hoezit@mweb.co.za Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. © 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar. © 2004 Roekeloos.co.za Navrae Die maatskappy |