Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
kaniklani

Kaniklani

Jacques de Coning, 'n vonds van Port Elizabeth, het sy buiging by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn gemaak. Jacques is reeds vyftien jaar in die vermaaklikheidswêreld en sy belangstelling in musiek het reeds op 'n jong ouderdom begin.

Jacques, wat in graad een sy eerste kunswedstryd gewen het, het op hoërskool in die Framesbykoor asook die OP-jeugkoor gesing. Hy was ook lid van die Arbitrio Mannekoor en op Universiteit het hy in die UPE Chorale gesing.

Sy formele sangonderrig het in graad tien begin en hy het sanglesse by onder andere Andre Mukheiber, Lionel van Zyl en Juanita Lamprecht geneem. Hy het dwarsdeur sy sangloopbaan aan verskeie musiekblyspele deelgeneem. Hy het na sy studies by Mike Borne Management aangesluit waar hy sangoptredes by hotelle dwarsoor die land gedoen het.

Jacques het in 1998 'n liedjie vir die Griekwa-rugbyspan geskryf wat baie positiewe reaksie uitgelok het. Sy debuutalbum Kaniklani bevat vyftien oorspronklike liedjies. Jacques het twaalf van die liedjies op die album geskryf, terwyl hy en sy rygbyspeler-broer Basil de Coning talente saamgesnoer het en twee liedjies, "Coca Cola Koei" en "Ek het 'n huisie" geskryf het. Basil het ook die liedjie "Wondering" geskryf.

Kaniklani spog met 'n verskeidenheid style - daar's byvoorbeeld 'n op-en-wakker ruk-'n-rol-nommer "Kom dans met my", 'n reggae-liedjie "Boere reggae", 'n lekker saamsing-nommer "Jannie mag nie koor sing nie" en 'n kwela, "Troue Kwêla". Hy dra ook 'n spesiale boeremusieknommertjie Oom Neels se konsertina aan die bobaas-konsertinaspeler Neels Mattheus op. (Neels speel self die konsertina op die snit). Daarbenewens is daar ook 'n paar treffende ballades soos "Girl van die Klein Karoo" en "Busker" en die liefdesballade "Till the end of my life".

Jacques en Tienie Smith was verantwoordelik vir die produksie.

Kaniklani word uitgereik deur Select Musiek. Skakel hulle by (011) 792-0145, of stuur e-pos met navrae aan Martjie Roos.
Koop/Buy Kaniklani...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner