AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Net een soos jyDaar is nou al drie dekades lank net een Carike Keuzenkamp, maar egoïsties is dié sprankelende vrou se nuwe cd nie. Die titel-snit kom uit een van die liedjies omdat sy die nuwe album opdra aan haar pa, Carel. Dis hy wat doerietyd haar aangepor het om die immergroen treffer Timothy op te neem en van toe af is Carike 'n huishoudelike naam. net een soos jy... is net wat haar duisende aanhangers wil hê en sy stel hulle nie teleur nie. Daar is nuwe liedjies soos "Jock van die Bosveld" en "Al is ons twee dan anders", ligte liedjies soos "Ai toggie liewe motor" en "Mans is almal cowboys", goue oues soos "Blue eyes crying in the rain" en "Wolverton Mountain" en les bes 'n keurspel wat haar "Timothy", "Sarah de Jager", "Lang", "maer blonde man" en "Hoeka Toeka" insluit. net een soos jy. volg die beproefde ou resep. Carike se musiek sal nooit aanstoot gee of afwyk van die patroon nie. En haar bewonderaars vra altyd nog. net een soos jy. is 'n produk uit die stal van Decibel Musiek en is beskikbaar op cd en kasset. Skakel Lydia Winchester by (011) 673-3012/3 as jy sukkel om dit in die hande te kry. |
Musiek |