Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

So val die reën

Die lang-verwagte opvolg op Nardus du Plooy se debuutalbum Bly Net Kalm is pas bekend gestel. So Val die Reën bring 'n omwenteling in sy musiek mee, maar ook in die wyer spektrum van Afrikaanse musiek.

Na die uitstekende ontvangs van Bly net Kalm in die media het Nardus saamgespan met die bedrewe groep Die Kaalkop Waarheid, en die sogenaamde luisterliedjie sal nooit weer dieselfde wees nie. Met So Val die Reën word nuwe grond betree. Hoewel baie van die elemente van sy debuut steeds teenwoordig is, soos die liefdesballade, sny die musiek en lirieke nou tot die been.

Sosiale kwessies word nie meer net genoem nie. Dit word nou met skerp satire omskep in Afrikaanse rock en soms die blues (soos in die snit Dis al). Na verhoudings word daar nou deur 'n nuwe bril gekyk. Is die geliefde dalk "kommen verby" ("Ek skat dis nou verby")? Drink sy dalk eerder brannewyn en Coke as Glenfiddich ("My geliefde")?

Heelwat van die liedjies het die tong lekker stewig in die kies. Daar word gekyk na die juppie wat wil afskaal - wegbreek uit die rotteresies - wat wil afskaal na die platteland ("Downsize"). Lochner de Kock praat ook mee oor die geweld in die land met sy liedjie "Euforie" gesing deur Nardus.

Laat hulle maar net Wen en In my Lewe spreek kwessies aan soos afskaling van Afrikaans en kerke wat nie tred hou met verandering nie. Piet geskryf deur Reenen Biddulph is 'n treffende huldeblyk aan een van die land se baanbreker-rockers - Piet Botha.

'n Vars klank word ook verskaf deur Jaco Lötter op die bekfluitjie en die kitaar. Jaco is al meer as vyftien jaar in die plaaslike musiekbedryf. Soos 'n ware troebadoer is sy Desemberdagboek (wat hy geskryf het en sing), 'n anderse siniese kyk, maar nie sonder sentiment nie, na die verlore liefde.

Die musiek word aangevuur deur Reenen Biddulph op die elektriese kitaar en broer Wimpie op die perkussie.

So Val die Reën vestig Nardus en die Kaalkop-rockers in die onontginde middeweg tussen Afrikaans se alternatiewe rockers en die folkrockers aan die ander kant - dit bied iets van albei met 'n eiesoortige kykie op die lewe.

Oor Nardus se debuut is geskryf:
"Die beste debuut-uitreiking van die jaar".
"Oorspronklike, betekenisvolle lirieke en treffende melodieë".
"Eietyds, uniek en 'n besondere bydrae tot die Afrikaanse musiek".

Die cd word versprei deur JNS Musiek. Produksieleier en finale meng: César D'Almeida. Omslag en binneblaaie: Greta Kriek. Ontwerp en uitleg: Philip van den Berg.

Vir navrae kontak Nardus by 083-273-5564. Nita van JNS Musiek kan ook help met inligting. Haar telefoonnommer is (011) 482-2001, of stuur e-pos aan Nita by JNS Musiek.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner