Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Koop/Buy Give me time... Jerusalem... Music in the Mountains... My Treffers... Sings your favourite songs... Wat 'n vriend het ons in Jesus...

Rina

Rina Hugo het nie net 'n uitsonderlike stem nie - haar opleiding as klassieke sangeres gee selfs aan haar ligte liedjies 'n afronding en professionaliteit wat haar laat uitstaan.

Rina vier haar vyftien jaar van voortreflikheid as sangeres van die ligte liedjie met die uitreiking van die album wat haar vir die eerste keer toelaat om die volle omvang van haar stem te gebruik.

Daar is drie jaar lank sorgvuldig materiaal ingewin met 'n fyn ingesteldheid op haar aanhangers se versoeke. Die treffersnit op die album is moeilik om te kies, maar daar is sowaar min mense wat die aangrypende "Time to Say Goodbye" so voortreflik soos Rina vertolk. Maar dan is daar ook haar hoendervleis-weergawes van "Love Changes Everything", "I Have a Dream" en "Don't Cry for Me, Argentina". Afgesien van die saamsing-treffer "Tjienkerientjie", haar man, Johan van Rensburg se heerlike verwerking van die Leipoldt-gedig, spog die album ook met heelwat ander Afrikaanse materiaal - onder meer ook "Verlore en Alleen" wat deur niemand minder as Leon Schuster geskryf is nie. Heel gepas, want Schus het vyftien jaar gelede ook van Rina se eerste lirieke geskryf. Haar sang-kollega, Anneli van Rooyen, het gesorg vir "Môre Lyk dit Anders" en "Jy Bly Werklikheid vir My".

Johan van Rensburg en die belowende jong musikant, Deon Roberts, het gesorg vir die volle simfonie-orkesklanke op baie van die snitte. Glynn Storm het die verwerkings vir meeste van die nommers gedoen. As 'n bonus is al die lirieke van die nommers op die omslag aangebring.

Rina is 'n produksie van Boet Pretorius en dit word bemark deur Decibel Musiek. Dit is op cd en kasset beskikbaar by alle toonaangewende musiekwinkels.

Meer inligting oor die album en die verspreiding daarvan is beskikbaar by Lydia Winchester van Decibel Musiek. Skakel haar by (011) 673-3012/3.


Give me time - Rina Hugo Koop/Buy Give me time...





Jerusalem - Rina Hugo Koop/Buy Jerusalem...





Music in the Mountains - Rina Hogo & Drakensberg Boys Choir Koop/Buy Music in the Mountains...





My Treffers - Rina Hugo Koop/Buy My Treffers...





Rina Hugo sings your favourite songs Koop/Buy Sings your favourite songs...



Wat 'n vriend het ons in Jesus - Rina Hugo Koop/Buy Wat 'n vriend het ons in Jesus...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner