Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Stemme vir altyd

Stemme vir altyd

Samestellings sal altyd gewild wees - veral as dit professioneel saamgestelde, interessant verwerkte materiaal bevat. Dit is die geval met dié cd en kasset waarvoor Decibel en EMI Musiek verantwoordelik is.

Wie is ons gewildste sangeresse? Volgens dié samestelling is dit Rina Hugo, Patricia Lewis, Sonja Herholdt, Johanna Field, Annelie van Rooyen, Marie du Toit, Arina de Witt, Amanda Luyt, Carike Keuzenkamp, Janita Claassen, Musical Dolls, Karin Hougaardt, Freda Francis, Min Shaw, Sarina, Amanda Strydom, Lieze Stassen en Cora Marie.

En uit dié lys is dit duidelik dat daar 'n verskeidenheid nommertjies op die album is - maar die liefde bly die tema.

Daar's ou gunstelinge soos "Ek verlang na jou", "Silwermaan" en "My blonde visserman", oorspronklike werk wat die sangeresse self geskryf het, soos Amanda Strydom se "Ek loop die pad"en Lieze Stassen se "Thula" en verwerkings van bekende deuntjies, soos Patricia Lewis se "Jy's die rede"

As jy in 'n sentimentele bui is en lus is vir lekker-luister nommertjies is Stemme vir Altyd 'n goeie keuse. Skakel Decibel se Lydia Winchester by (011) 673-3012 as jy sukkel om die cd of kasset in die hande te kry.
Koop/Buy Stemme vir altyd...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner