Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Sonvanger

Vir die liefhebber van 'n lekker akoestiese aandjie, sal Sonvanger baie meer as 'n paar vlieë met dieselfde hou neervel. Hierdie album is 'n prag-weerspieëling van die talent wat uit die Stellenbosch-muse geput is, met ou-bekendes en 'n paar wat nog die kollig moet haal.

Anders as met die gewone verskeidenheid-versameling, is Sonvanger se kunstenaars beperk tot ses, en elkeen sing twee tot drie treffers. Meeste van die musiek is spesiaal in die akoestiese atmosfeer opgeneem vir die album - sommige regstreeks voor 'n gehoor. Die sterk gevoel wat mens deurgaans ervaar is die natuurlike warmte en Bolandse intimiteit wat die kunstenaars skep.

En wat is 'n Stellenbosch-tipe album dan nou sonder die Tassiesman self, Koos Kombuis. Koos skop die album af met sy ode "Lente in die Boland", wat nou al verhewe status bereik het. Hy berei ook die pad voor vir nog 'n paar heerlike toonsettings, met "Hartseerland".

Valiant Swart klap dan twee nommertjies nader en gee ook 'n meer vrye vertolking van sy "Almal maak haar mal" wat oorspronklik op sy Kopskoot in 'n rock-weergawe verskyn het. Die tweede bydrae van Valiant se kant af is die titelsnit van die album, Sonvanger.

Derde op die spyskaart is iemand wat al dikwels die lig in dié musiekgenre gesien het, Nicole Holm. Hierdie ongekende talent is sekerlik een van die sterkste musikale stemme wat die Afrikaanse musiekbedryf onlangs opgelewer het. Beleef maar haar vertolkingsvermoë op onder meer Koos Kombuis se "Onder in my Whiskeyglas".

'n Onbekende is Gerhard Geldenhuys, wat al langer op die toneel is as wat hy self seker sal wil toegee. Beroemdheid ontwyk hom nog, en mens kan net wonder hoekom, as jy luister na die twee snitte waarvoor hy op hierdie album sorg.

'n Nuwe naam op die toneel is Eugenie. Met haar sterk kabaretstem, wat veral herinner aan Amanda Strydom, dra sy pragtige nommertjies met 'n sterk Afrika-gevoel by. Ons kyk binnekort op iafrica.com na Eugenie se debuutalbum, Storm in Eden.

Laastens, en met 'n dawerende applous waarmee hy oral begroet word, is Gert Vlok Nel. Sy dig/prosa-styl bereik groot hoogtes in "River" en "Tuesday", wat soos goudskatte van Sonvanger 'n skemerkelkie-by-die-dam-album maak.

Vir meer besonderhede oor Sonvanger, gaan besoek die webblad www.afrimusik.com



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner