AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Storm in EdenStorm in Eden is Eugenie solo debuutalbum, waarin sy 'n kontemporêre styl vermeng met Afrika-klanke, wat 'n heel verrassende produk tot gevolg het. Na 'n vlugtige deurluister, besef mens dat Eugenie nie net 'n sterk en beheersde stem het nie, maar dat sy ook nie te kort skiet aan skrywerstalent nie. Haar styl strek oor feitlik die hele musiekgenre, van rustige ballades, tot 'n sterk Afrikastyl, en tot iets wat jy kan klassifiseer as disco/dans. Veral die snit "Jackey", wat sy dan ook in Engels sing, is vaagweg iets wat diva Tori Amos self kon aangepak het. Die openingsnit op Storm in Eden vorm die grondslag vir die res van die album: pragtige harmonisering, warm ondersteunende klanke, 'n Afrika-ondertoon en 'n oorbuiging na die "ander kant", met lirieke van "Al lê die berge nog so blou". Op die res van die album word mens ook getrakteer op goeie komposisies en 'n professionele musiekproduksie. Soos Elle Chapman, is Eugenie se musiek ook nie vir Jan Rap en sy maat nie, maar eerder vir dié wat iets meer soek, so maak maar seker jy luister eers na die album voordat jy instorm en dit summier koop.
Vir meer inligting oor Eugenie en Storm in Eden, besoek gerus die webblad: www.stellenbosch.co.za/eugenie |
Musiek |