Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Hiep-hiep Hoera

Dis 'n hele paar jaar sedert Randall Wicomb met 'n nuwe cd na vore gekom het. Sy aanhangers en liefhebbers van ou Afrikaanse volksliedjies sal dus bly wees om te hoor dat Hiep-Hiep-Hoera nou op die mark is.

Die CD vang van die ou ghoema-liedjies van die Kaapse Maleiers en ander minder bekende volksliedjies vas op Randall se besondere manier.

Baie van die liedjies is nog nooit opgeteken nie en dit getuig van harde werk en navorsing om hulle in die hande te kry en vas te lê. Die liedjies kom uit verskillende streke van die land - van die Knersvlakte tot Namakwaland en van die Bo-Kaap tot Noord-Wes.

Dis 'n waardevolle skat van die musiek wat die basis vorm vir Afrikaanse liedjies.

Dis eenvoudige liedjies met aansteeklike ritmes - al maak die woorde nie altyd sin nie en dis juis die eenvoudigheid wat dit so 'n bekoring gee.

Anders as Randall se vorige album, Uiteindelik, is daar nie van sy eie komposisies op Hiep-Hiep-Hoera nie, maar dis 'n CD waarna mens lekker luister en dis 'n waardevolle skat vir die nageslag.
Koop/Buy Hiep-hiep Hoera...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner