AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() 'n Ritsel innie rietbosSonja Herholdt is al amper 25 jaar in die vermaaklikheidbedryf en sy spog met meer toekennings as die meeste ander Afrikaanse sangers. Daarom is 'n nuwe cd van haar groot nuus - veral as dit die eerste keer in 19 jaar is dat sy en nog 'n groot naam in die Afrikaanse musiekwêreld, Anton Goosen, saamwerk. Anton het die musiek en lirieke geskryf vir 'n ritsel innie rietbos en die twee praat al klaar van 'n opvolg daarvoor sodra Anton sy eie nuwe cd klaargemaak het. Sonja sê sy en Anton het saamgestem dat ritsel innie rietbos 'n vrolike CD moet wees, maar daar is ook diepte in nommers soos "Tjailatyd", "Kilimanjaro" en "Kruppelkop-gewete". En om almal te herinner aan die goeie ou dae sluit 'n samestelling van immergroen treffers soos "Jantjie", "Waterblommetjies", "Ta' Mossie" en "Umfaan" die CD af. Navrae oor die cd en Sonja se optredes kan gerig word aan Albertus Kotze by (011) 787-1984 of 082-922-2097. |
Musiek |