Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

U eie keuse

U eie keuse is die program met die langste loopvlak op radiosondergrense, oftewel RSG en dus die oudste Afrikaanse radioprogram wat steeds op die lug is. Dit is op 20 Oktober 1945 die eerste keer deur Kosie Jooste op die Afrikaanse Radiodiens uitgesaai en oor die afgelope 54 jaar neem luisteraars geesdriftig daaraan deel met versoeke vir die musiek waarvan hulle hou.

In U eie keuse word ligte klassieke musiek van oor die hele spektrum gespeel - sang, orkes, opera en operette. En dit is 'n uittreksel hieruit wat op dié stel van drie cd's beskikbaar is. Die Gallo Platemaatskappy het namens Leserskring met die versoek gekom vir 'n keur uit die gewildste versoeke oor die jare en soos Robert Young, die huidige aanbieder van die program, sê: "Ek is oortuig dat hierdie mengsel baie gewild gaan wees, want al het ek dit saamgestel, bly dit steeds die luisteraar se eie keuse."

Daar is 52 snitte op die stel van 3 CD's en dit verskaf meer as drie-en-'n-half uur se luistergenot waarvoor mens kwalik moeg sal kan word. Van die program se oorpronklike kenwysie, die pragtige "Ball-Scene" van Joseph Hellmesberger wat 54 jaar gelede deur Kosie Jooste se broer, Willie, gekies is, tot "Caro Nome" uit Rigoletto van Verdi. Van die beste vertolkers van die musiek is op die versameling opgeneem - van Kiri te Kanawa tot Placido Domingo en van die Nuwe Londenorkes tot Rudolph Buchbinder.

Die CD-stel, U eie keuse is net by Leserskring beskikbaar teen R179,99. Skakel hulle by (021) 406-2111 of besoek hulle webblad by www.leserskring.com. Vir meer besonderhede kan jy ook vir Derek Smith by Gallo, (011) 788-0519, skakel.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner