AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Snot en TraneSniksange, weenwysies en tranetrekkers - sangers soos die Briels en Charles Jacobie het in die jare vyftig en sestig die tranetrekkers laat seëvier. En nou is daar as't ware weer 'n oplewing van al die ou snik-liedjies in die jaar 2001. Die album het 23 weenwysies (oues sowel as 'n paar nuwes) in Afrikaans en Engels. Die singende beesboer Charles Jacobie sing "Moeder is weg" en die Briels (Frans en Sannie) sing hul ou bekende treffer "Die graf in die myn", 'n liedjie wat hulle kort na die Coalbrook-mynramp, wat op 21 Januarie 1960 plaasgevind het, opgeneem het. Santa Vorster, ons eie jodelprinses wat onlangs na al die jare weer 'n album Daddy's Hands uitgereik het sing "'n Vreemdeling is nog 'n vriend". Dan is daar ook natuurlik Die Grafsteensangers, 'n hedendaagse groep wat die afgelope paar jaar duisende luisteraars dwarsoor die land - en ook onlangs in Londen by die Ukkasie-fees - met hul indrukwekkende vertonings bekoor het en die weenwysies nou weer in al sy glorie laat herleef. Die Grafsteensangers sing op die versameling "Skryf vir my 'n briefie", een van hul staatmakers. Koos en Hester Nortjé, nog 'n sangpaar wat so veertig jaar gelede die land met hul sniksange aangegryp het, sing die weemoedige "Een wit angelier". Ander sangers wat die trane laat rol met hul weensange is Tokkie Campbell en Ginger Smith (hy en Ginger sing ook 'n duet), "Gemmerkoek", Don Kelly, J J Stephens, Tommy Dell, David Kramer, Die Nuwe Straatsangers, die George Baker Selection, Deon Roberts, Buurman Smittie en Martie Filmater. Deon Roberts sing byvoorbeeld David Kramer se groot hartseerliedjie "Skipskop" terwyl die nuwe groep Die Straatsangers weer 'n ander ou tranetrekker "Drie Wit Kissies" laat herleef. Maar nog is het einde niet! Die Swanger Suster roer die hartsnare met "Mamma waar is my Pappa?" terwyl Die Vos Broers, ook 'n legendariese groep uit vervloeë dae, 'n erg weemoedige bydrae met "By die kis van my liefling" lewer. Gryp die sneesdoekies, vee 'n paar trane af en gee jou heeltemal oor aan die nostalgie. Snot & Trane word uitgereik deur Select Musiek. |
Musiek |