Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Die kind is nie dood nie

Marimba is al van 1994-af aan die gang en spog nou met hulle derde album. Hulle eerste cd Marimba! is benoem vir 'n radio-Artes en Uit die Bloute is 'n toonsetting van die gedigte van Eugène Marais. Terselfdertyd het die suksesvolle verhoogstuk Uit die Bloute met Anna-Mart van der Merwe en Gys de Villiers teaters en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (1997) aan die gons gehad.

Marimba, oftewel Abraham en Lizanne Helberg, het aanvanklik saam musiek gemaak as die groep Too Tone. Na die vorming van Marimba in 1994, het die twee egter geweet waar hul toekoms lê.

Die Kind Is Nie Dood Nie was Marimba se aanbieding by vanjaar se Klein Karoo Kunstefees. Soos met Uit die bloute, het Marimba weer digbundels as inspirasie gebruik, die keer dié van Ingrid Jonker. Daar is toonsettings van ou bekendes soos "Toemaar die donker man", "Windliedjie", "Bitterbessie dagbreek bitterbessie son", en ander soos "Tokkelos", "Dis vinkel en Koljander" en "Kabouterliefde". Vier eiesoortige werke van Abraham Helberg is ingesluit op die cd en is ook in die verhoogproduksie gebruik.

Daar is twee redes waarom jy met die eerste luisterslag dalk nie van Marimba se tipe musiek sal hou nie. Eerstens moet jy sorg dat jy in die regte gemoedstemming is. Marimba gaan nie goed af in 'n lawaaierige omgewing òf gedurende spitsverkeer nie. Die kabaretstyl-aanbieding van die Ingrid Jonker gedigte verg veel groter aandag as sommer agtergrondmusiek terwyl jy staan en kos maak.

Die tweede rede is dat hierdie besonderse musiek is - dit val nie in die sogenaamde hoofstroom nie. Beskryf dit as 'n tipe eksperimentele musiek, want Marimba gebruik enigiets onder die son om klanke mee voort te bring. Die deuntjies kan omswaai van 'n Khoi-effek na 'n meer moderne ritme en na 'n potpourri van wilde klanke.

Met so 'n wye repertoire, is dit ontsettend moeilik om Marimba se klank te beskryf. 'n Tipe jazz, 'n tipe blues, dalk Afrika, dalk Europees, selfs Laeveld.

Maar as jy iets soek om die braaivleispartytjie aan die gang te kry, bly weg van Marimba. Soos Johannes Kerkorrel sing Koos du Plessis, is hierdie album 'n werkstuk van gedigte en prosa wat intens beluister en ervaar moet word.

Navrae kan gerig word aan JNS Musiek by (011) 482-2001 of (012) 997-3445. Vir navrae oor optredes, skakel Abraham of Lizanne by 082-706-2111.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner