Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
19 treffers van 21 jaar

19 Treffers van 21 jaar

Kyk jy na die titel, onthou jy die dae toe Laurika Rauch die eerste keer op die musiektoneel verskyn het. Dán skrik jy oor hoeveel jare reeds verby is - en hoe oud jyself dan ook moes geword het.

Laurika se musiek het die Suid-Afrikaanse publiek in 1979 begroet. In 'n era waar die teelaarde brak gelê het vir Afrikaanse musiek van gehalte, het haar verwerking van Ingrid Jonker se gedig Toemaar die donker man gou inslag gevind. Die bekende Anton Goosen-komposisie "Vergeet om my te vergeet/Onthou om my te onthou" was ook vinnig een van die mees gespeelde werke op radiostasies soos Springbok Radio. Maar dit was eers met die vrystelling van die Koos du Plessis-komposisie "Kinders van die wind" en gereelde tv-beeldsending van die video, dat Laurika Rauch haarself in die "Groot Boek" van Afrikaanse musiek geanker het.

In een-en-twintig jaar het baie gebeur. In 1983 lewer die album Jy is te dierbaar die titelsnit-treffer. Vyf jaar later was daar weer sukses met liedjies soos "Ek het 'n huisie by die see" en die baie gewilde "Op Blouberg se Strand". Ander albums wat daarna sou volg was Stuur Groete Aan Mannetjies Roux (1990), Die Gang (1992), Hot Gates (1995) en haar onlangse verwerkings van Brel-treffers, The Brel Album (1997).

Soos jy kan aflei, is 19 Treffers van 21 Jaar, 'n Laurika-grootste-treffers album. Bo en behalwe die nommers wat reeds genoem is, is bekendes soos "Lisa se Klavier", "Stuur groete aan Mannetjies Roux" en "Neanderdalman" ook ingesluit. En wag! Daar's nog 'n bonus: 'n Laurika skermskut (screen saver) vir jou rekenaar! Heel deftig.

Weens haar aanvoeling vir die musiek wat sy aanpak en die keuse van melodië, was Laurika se musiek nog altyd van dié beste in die Afrikaanse - en selfs Suid-Afrikaanse - musiekbedryf. Ten spyte haar uitbreiding na Engelse musiek die afgelope paar jaar, sal sy altyd een van die groot maestro's in die Afrikaanse kader bly.

Om aanbevelings te maak, is altyd gevaarlik, maar hierdie album kan jy gerus aanskaf. Dit is verbasend hoeveel van die 19 snitte 'n mens die woorde van ken en heel luiters lekker saam sing of die deuntjie fluit. Tussen dit alles, word die nostalgie van die jare tagtigs ook weer opgeroep.

Meer besonderhede is beskikbaar by Select Music by (011) 792-0145/6/7 of per faks: (011) 792 0189.
Koop/Buy 19 treffers van 21 jaar...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner