AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Sonder jouTwee jong Pretorianers, Nicholas Louw en Johann du Toit, is 'n opspraakwekkende duo wat beloof om nog groot opgang in Suid-Afrika te maak. Nicholas en Johann het in 1999 hul talente begin saamsnoer nadat hulle afsonderlik by die Zillertal in Pretoria opgetree het. Hulle wen die Zillertal kompetisie en het hulle daarna vir verskeie kompetisies ingeskryf en onmiddellik die aandag van die publiek en musiekkenners op hul gevestig. Nicholas het 'n meer informele sangstyl - hy sing van pop tot rock - terwyl Johann weer hoofsaaklik ligte klassieke musiek in sy repertorium insluit. Die een se stem komplimenteer die ander s'n uitstekend en hul individuele style vul mekaar ook baie goed aan. Hul debuut-CD Sonder Jou bevat 'n verskeidenheid musiek wat by die breë publiek aanklank sal vind. Uit die skatkis van bekende Afrikaanse nommers sing Cantero "Sonder Jou", "My Hart het 'n Kleine Venster", "Daar's Niks Soos Ware Liefde", "Ek is Lief vir die Wêreld", "Bietjie Kwyt" en "Dink Jy Darem Nog Aan My". Wat die kontemporêre Engelse musiek betref, gee hulle met hul harmonieë en kleurryke stemme meer dimensie aan bekende liedjies soos "Give Me the Good News", "Baby Can I Hold You Tonight", "Let it Rain", "Perhaps Love" en "Time To Say Goodbye". Dan is daar natuurlik ook die ligte klassieke treffers soos "Sogno", "Panus Angelicus" en "Nessun Dorma" waarmee hulle oud en jonk bekoor. Sonder Jou weerspieël die twee talentvolle jong sangers se buitengewone vokale vermoëns en is 'n bonus vir liefhebbers van ligte klassieke sowel as kontemporêre musiek. Johann is op 11 Oktober 1985 in Pretoria gebore. Hy het in verskeie kore gesing en nadat sy stem op sestienjarige ouderdom gebreek het, het hy sanglesse begin neem. Hy is in Februarie 1999 as lid van die Staatsteater Operakoor gekies en het as jong tenoor onder meer in die operas Cavalleria Rusticana en Pagliacci opgetree. Hy het ook verskeie sangkompetisies gewen. Nicholas is op 30 Desember in Oos-Londen gebore. Hy het op sesjarige ouderdom orrellesse begin neem en tussen 1986 en 1989 verskeie talentkompetisies gewen. Hy het tussen 1988 en 1991 in sy skool se koor gesing en in 1991 begin kitaar speel. In 1994 het Nicholas saam met nog 'n ander jong sanger, Joe Niemand, 'n duo gestig. In 1996 wen hy Oos-Londen se grootste talentkompetisie en is ook mede-wenner in die duet afdeling. Hy matrikuleer in 1996 en sy gesin verhuis na Pretoria. Hy begin in 1997 aan die Contemporary Music College studeer waar hy veral op vokaal en kitaar fokus. In 1998 behaal hy die semi-finaal in Reik na die Sterre. Sonder Jou word uitgereik deur Select Musiek. |
Musiek |