Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Woordeloos

Woordeloos

Dis altyd lekker om goeie, nuwe Afrikaanse talent raak te loop. Karla du Plessis volg ten volle in pa Koos se voetspore, met haar debuutvrystelling Woordeloos. Sy sing wel 'n paar treffers van Koos du Plessis, maar die res van die komposisies is haar eie en dit gaan haar sommer gou-gou een van die beter Afrikaanse kunstenaars maak.

Dié album is nie soos Johannes Kerkorrel se onlangse huldeblyk aan Koos du Plessis nie. Woordeloos vestig Karla as 'n musikant in eie reg. Sy steek egter nie haar verbintenis met Koos weg nie en daar's selfs 'n duet tussen Karla en Koos op As jy my kon volg. Hierdie snit is met tegnologie moontlik gemaak deurdat Koos se stem van sy oorspronklike opname geneem is en oor 'n nuwe verwerking saam met Karla s'n gevoeg is.

Die eindresultaat is 'n album met 'n aangename "Afrikaanse" klank waarop selfs Anton Goosen trots sal wees. En as dit dalk so dan en wan klink of Karla neig om 'n Laurika op haarself te trek, is dit seker omdat laasgenoemde so bietjie hand bygesit het as Karla se stemregisseur.

Woordeloos is vroeër vanjaar op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vrygestel en het reeds 'n gesdriftige groepie aanhangers losgeslaan. Dis op hierdie einste KKNK waar Karla in 1998 "ontdek" is deur Hoezit Musiek.

Een van die uitstaande snitte op die CD is sommer met die intrapslag die voetsool-lekker nommertjie, "Langs die pad". Die res van die liedjies sal ook sommer vinnig onder jou vel inkruip.

As jong musikant wat meeste van haar tyd nog op die universiteitsbanke deurbring, beloof haar pad om vorentoe vol verrassings te wees. Met so klein bietjie skaaf en blootstelling, sal Karla nog eendag in dieselfde asem as haar pa genoem word. Hoop om sommer nog baie van Karla du Plessis te hoor!

Woordeloos word uitgereik deur Hoezit Musiek en versprei deur Select. Vir enige navrae, kontak Kevin van der Spuy by Hoezit Musiek, (021) 852-3969.
Koop/Buy Woordeloos...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner