Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Gooi my a tenor

Gooi my 'n tenor

Bill Flynn en opera is nie woorde wat mens maklik saam in een sin gebruik nie - selfs nie nadat mens na dié album geluister het nie, maar hier is dit nou.

Een van die nommers is "Brandy is cheap today", waarin Verdi se "La Donna e Mobile" opgestuur word, en miskien moet mens maar 'n goeie dop goedkoop brandewyn agter die rug hê voordat jy Bill se jongste aanbieding aanpak. Want doodnugter gaan dit maar moeilik.

En ware operakenners en -liefhebbers moet vêr wegbly.

"Funiculi Funicula" word "Dit was 'n fout.!" as Bill en liriekskrywer Lourens Fourie dit beetgekry het; "Santa Lucia" word "Wie't vir my 50c" en "O Sole Mio", "Signora Zuma". En soos dit maar gaan, bly hulle meesal vashaak in die toilet, onder die komberse en met 'n bottel in die hand.

Bill het 'n uitstekende stem en hy's 'n veelsydige kunstenaar, maar soos ons hom leer ken het in sy "Vinnie and the Viscount"-dae, kom hy ten volle tot sy reg met tradisionele, lekker ruk-en-rol. Daarom is die hoogtepunt op dié album die vingers-klap, ruk-en-rol-ritme van Bakgat Bill.

Lizz Meiring help ook met die duet, "Dis 'n stryd", en daar's nog agtertangse gabbas op "Hier in die Marico".

Bruce Millar hou sy lyf Madiba met "Do Wah Diddy", maar dis jammer dat Bruce se skitterende Madiba-weergawe van "Let's Work Together" nie eerder ingesluit is nie.

En dan's daar nog Bobby Louw se bydrae, "At least Niagra Falls (The Viagra Song)".

Gooi My 'n Tenor, natuurlik 'n opstuur van die Drie Tenore se onlangse besoek, is nie vir suurpruime nie. Bill Flynn en sy "koor", Lizz Meiring, Deon Roberts en Bruce Millar, hak sommer bietjie lekker uit en op 'n partytjie gaan hulle beslis dinge aan die gang kry.

Gooi My a Tenor word uitgereik deur Decibel Musiek en versprei deur EMI SA. Skakel Lydia Winchester by (011) 673-3012 vir meer besonderhede.
Koop/Buy Gooi my a tenor...


Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner