Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Dixons

Dixons is die tweede album van hierdie op-en-wakker dansorkes van Potchefstroom. Die Dixon Dansorkes se debuutalbum Kuiertyd is in 1998 uitgereik en het die dansvoete behoorlik gekielie.

Die tweede album beloof om ook 'n groot aanwins by enige dansparty te wees - of dit nou 'n langarmdans of 'n bokjol-makietie is. Die Dixons se nuwe dansalbum spog met nie minder nie as twintig nommers (wat 'n paar keurspele insluit) en 'n hele paar vuurwarm treffers soos "Ska Rumba" en "You're My Mate".

Dit is dansmusiek uit die boonste rakke - met daardie kenmerkende boeremusiek-klank. Ander treffers sluit in "Hartbeesfontein", "Ou Ryperd", "Lekker Ou Jan", "Liewe Lulu", "Midnight Special" en "Sha-la-la-la".

Keurspele soos "Kitaarkeurspel", "Walskeurspel", sowel as die Klawerbord- en Mondfluitjiekeurspel gee die album nog meer woema. En dan is daar ook 'n ritmiese "Umfaankeurspel" met liedjies soos "Umfaan" en "Meadowlands" wat niemand gaan toelaat om stil te sit nie.

Die Dixon Dansorkes bestaan uit vyf lede - Hennie le Roux (ritmekitaar en sang), Charmaine le Roux (baskitaar), Steyn Ludick (konsertina, leierkitaar en bekfluitjie), Koerie Laubscher (klawerbord) en Hansie du Toit (dromme).

Dixons word uitgereik deur Select Musiek. Skakel hulle by (011) 792-0145, of stuur e-pos met navrae aan Martjie Roos



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner