Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Ontydig ...

Haydee Hollander

Die gevierde Gito Baloi, Suid-Afrikaanse baskitaarspeler en lid van die bekende groep Tananas is op 4 April in sy motor deur 'n rower doodgeskiet. Baloi, wat in die nek geskiet was, kon nog daarin slaag om uit sy motor te klim en 'n paar tree te loop voor hy inmekaargestort het.

Roekeloos.co.za het onlangs berig rondom Baloi en Nibs van der Spuy se optrede by die Lucit Candle Teater & Restaurant in Pretoria. Baloi is kort na sy vertoning by dié bekende teater deur twee mans genader en daarna geskiet. Die motief was waarskynlik roof maar Baloi se motor met al sy musiektoerusting is net so gelaat.

Baloi verlaat in 1994 die groep Tananas om sy eie musiekgroep The Gito Baloi Band, te begin.

Saam met Nibs Van der Spuy is musiek vanaf hulle nuwe album Thorntree tydens hulle onlangse optredes gehoor. Baloi was die vervaardiger vir Nibs en sy groep Landscape Prayers se 1995 album Bush Telegraph. Dié album is in Januarie 1997 uitgereik en genomineer vir Beste Instrumentale Album tydens die SAMA toekennings.

Baloi was sedert sy jeugjare omring deur 'n uitgebreide familie met tradisionele musieksmaak (Nyanja en Shangaan). Sy eerste instrumente of dan kennismaking met klank was paraffienblikke, riete en enige bruikbare afval. In die tagtigerjare stig Baloi die groep Pongolo. Tydens sy weerstandskonserte, tree hy op saam met Mzwaki Mbuli en die gevolg is twee albums Change is Pain (1986) en Unbroken Spirit (1989). In 1987 tree hy op saam met die Keniaanse musikant Simba Morri en weereens lei dié vennootskap tot 'n album, getiteld Was sa Mata.

Saam met Steve Newman en Ian Herman, stig hy in 1988 die vennootskap Tananas en onderneem uitgebreide nasionale en internasionale toere na onder meer Namibië, Swaziland, Mosambiek, Frankryk, Swede, Japan, VK, VSA, Singapoer, Spanje, Australië en Sjina. Tananas gee ook vooroptredes tydens Sting se Suid-Afrikaanse toer in 1994 en reik vervolgens sewe albums uit.

Baloi se soloprojekte sluit in Ekaya (1995), Na Ku Randza (1997), Yebo (1997) en Herbs and Roots (2001). Gito kan ook gehoor word op die albums van twee hoog aangeskrewe Afrika musikante van Mali, en albums van Anton Goosen en Ivory Koffi van die Ivoorkus.

Gito het 'n hoogs onwaardige en ontydige dood gesterf. Hy laat 'n leemte in die musiekwêreld, 'n wêreld wat hy nou eers hier aan die suidpunt help ontsluit het en bekend wou stel aan 'n groter, wyer gehoor. So 'n geweldadige einde kom niemand toe nie, maar wanneer dit met ons kunstenaars gebeur, die musikante, akteurs en skilders wat ons tydelik uit ons eie gewone lewe moet help ontsnap; is dit tyd dat ons stil word en luister.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner