Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Johannes sing Koos du Plessis

Koue wintersaand. 'n Glasie Hanepoot en 'n knetterende kaggel. Dán klap jy die cd-speler nader en laat JK (Johannes Kerkorrel) jou wegvoer op 'n epiese Koos du Plessis-vlug. Tyd moet jy hê, want nes jy die Hanepootjie sip-sip, moet Johannes Kerkorrel sing Koos du Plessis, gedig op gedig ingeneem word.

Dié album is 'n digbundel, 'n vertelling deur Johannes opgedra aan Koos. Koos du Plessis - bekroonde digter en liedjieskrywer - verdien ook niks minder as só 'n groot verering nie, én boonop pas Johannes se styl, Koos se werk soos 'n handskoen.

Johannes het met groot sorg die musiek aangepak en meestal net klavierbegeleiding gebruik. 'n Paar snitte is vermeng op kontemporêre ritmes, maar doen geen afbreuk aan die album in sy geheel nie. Daarom moet jy nie afgeskrik word deur agtertitels soos "radio trance mix" of "ambient radio mix nie", want in werklikheid is hierdie van die beste snitte op die cd.

Vanaf die openingsnit "Stemme in die môre" bind Johannes die een snit na die ander saam tot by die laaste een, "Molberg" ... en as die laaste note wegsterf, staan ek op en laat die CD-speler van voor af die klanke voortbring, want hierdie album moet geluister word, en nie net gehoor word nie. Elke snit is meer as net woorde, meer as klanke en meer as note. Dit is 'n kunsskat. Dit toon nie net die briljante digkuns van Koos nie, dit is ook waardevol omdat dit die vergestalting van die mens, die wêreld rondom ons en ook 'n bietjie geskiedenis vervat.

Interessant van die album is die titel Johannes Kerkorrel sing Koos du Plessis. Die afgelope 3 jaar het JK gereeld by konserte die gehoor vertel dat die dae van Kerkorrel nou verby is en dat dit nou net Johannes is. Vroeg verlede jaar het hy ook gesê hy is klaar. Klaar waarmee? Ja meneer, hier is JK steeds; steeds geKerkorrel en steeds aan die sing. En as dít die rigting is waarin hy nou sy talente inspan, kan mens maar net hoop dat dit nie die laaste is wat ons van Johannes Kerkorrel hoor nie. Hierdie album toon duidelik dat JK se talente veel verder strek as Sit dit af.
Koop/Buy Johannes sing Koos du Plessis



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner