Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Deur die donker vallei

Die Maties-broeipot het al 'n heel paar name in die musiekbedryf opgelewer. Die een ding wat van Valiant Swart gesê kan word, is dat hy een van die min name is wat nog vas staan uit hierdie Stellenbosch-musiekontploffingsera - met 'n ondersteunersgroep wat by die dag meer word.

Hy het hom ook suksesvol weerhou van die vele slaggate waaraan so baie al die einde van hul loopbane te danke het. Sy ego het nie buitengewone proporsies aangeneem in die kollig nie en daarom is sy projekte altyd binne hul perke aangepak. Nou nog, sal jy hom in 'n afgeleë restaurantjie kry waar hy heelnag deur op sy eie die mense vermaak.

Die indruk wat jy kry as jy na Valiant se nuutste en ook vorige vrystellings luister, is dat hy niemand probeer beïndruk nie. Daar lê ook iets persoonliks in elke nommer se liriek opgesluit. Met 'n paar style wat varieer van blues en rock tot country, maak hy sy wêreld oop in woorde wat nie altyd rym nie - en wat ook nie altyd voor die hand liggend is nie.

Deur die donker vallei is dan ook niks nuuts uit Valiant se musiekfontein nie. Luister na die eerste vier snitte "Deur die donker vallei", "Duisend myl blues", "Banneling" en "Ek en jy en die highway" en dit behoort vir jou 'n goeie prentjie te skets van wat jy van die res van die album kan verwag. Om te beweer die album beloof niks innoverends nie, moet nie as 'n negatiewe aspek beskou word nie. Aanhangers kan dus staatmaak op nog 'n album vol Valiant vertellings en rou emosie.

Deur die donker valleiTwee pluimpies: Die eerste gaan aan Vernon Swart vir die pragtige omslag en die tweede aan Valiant homself, wat eer bring aan die begrip musiekproduksie. In 'n land waar elke Jaap en Vaandel musiek probeer vervaardig, het 'n hele paar afgryslike produksies al hul verskyning gemaak. Daarom kan Valiant Swart hom op die skouer klop vir die uitstaande musiekvervaardiging op Deur die donker vallei.

Aanhangers, hier is die album wat nie teleur sal stel nie en vele laataand-kuiertjies die moeite werd sal maak!
Koop/Buy Deur die donker vallei...
of
Koop / Buy Deur die donker vallei MP3's ... (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner