Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Te diep

Te diep

Anna Davel is 'n nuwe solostem op die Afrikaanse musiektoneel wie se debuut-cd Te diep by 2000 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees bekendgestel is. Maar heeltemal onbekend is sy ook nie - sy is die afgelope drie jaar 'n lid van die bekende a capella-sanggroep Cutt Glass. Sy was in 1997 die algehele wenner van die ATKV se Crescendo-kompetisie en verskeie ander kunstenaars het die afgelope ses jaar van haar musiek opgeneem.

Anna sê sy beskou haarself in die eerste plek as 'n liedjieskrywer maar haar kabaretproduksies Te Diep en Moeggewroeg is baie goed ontvang by kunstefeeste. Die musiek op die cd Te diep is oorspronklik. Sy het 11 van die 13 liedjies self geskryf en twee is bydraes deur ander belowende jong liedjieskrywers.

Temas was haar aan die dink gesit het met van die liedjies was onder meer: Net as - Is dit nie ongelooflik hoe alles in 'n oogwink kan verander as jy dink alles is nou mooi in beheer nie? "Leë nes lullaby" - Hoe voel dit om vir 21 jaar 'n kind te versorg en lief te hê en ewe skielik is jou huis leeg? "Slaapdans" - Wat gebeur regtig as mens slaap? "Viooltjies" - Wat dryf iemand om in 'n verwoestende verhouding te bly? En as jy hier in Afrika kan "Gatswaai", hoekom wil jy ballroom dancing doen?

Die style wissel van rock tot ballades, jazz en folk - alles in Afrikaans. Die ruggraatorkes op die CD bestaan uit Marius Appelgryn (dromme), Jasper Janse van Rensburg (baskitaar), Matthys Maree (klavier) en Juan Oosthuizen (elektriese kitaar). Mauritz Lotz het die finale meng behartig, Matthys Maree was die musiek-regisseur en Anna het self as uitvoerende regisseur opgetree.

Te diep is beskikbaar in goeie musiekwinkels en Nita by JNS Musiek kan help met nog inligting daaroor. Haar telefoonnommer is (011) 482-2001, of stuur e-pos aan Nita .
Koop/Buy Te Diep...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner