AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Madonna'n Nuwe Madonna-album, American Life, het die lig gesien in April. Dit is die eerste versameling oorspronklike werk van die pop ikoon sedert 2000 se Music. Oraloor word American Life na aanhoor besing as Madonna se mees volmaakte, oorspronklikste en persoonlikste album tot op hede. Hierdie sentimente resoneer en ontbloot 'n loopbaan in musiek wat 'n nuwe hoogtepunt bereik het en al meermale die ekspressiewe potensiaal van kontemporêre musiek gedefinieer het. American Life is in Londen en Los Angeles opgeneem en is die kunstenaar se 10de album uit 'n studio. Dit bevat 11 oorspronklike liedjies. "All of these songs reflect my current state of mind. I feel like I have just woken up out of a dream. They range from dismay and anger to joy and certainty. Hopefully, I have taken the personal and made it universal," sê Madonna oor haar nuwe album wat sy geskryf en vervaardig het saam met Mirwais Ahmadzai. Ahmadzai was ook betrokke by Music. Behalwe vir die titelsnit bestaan American Life uit "Hollywood", "I'm So Stupid", "Love Profusion", "Nobody Knows Me", "Nothing Fails", "Intervention", "X-Static Process", "Mother & Father", "Easy Ride" en "Die Another Day", die temalied van die James Bond-film met dieselfde naam. Die titelsnit American Life is reeds vir 'n geruime tyd te hoor in die briljante musiekvideoweergawe. Madonna was een van die pioniers in kort musiekfilms. Die keer het sy saam met regisseur Jonas Akerlund gewerk. Die video is 'n poging om die psige van die Amerikaanse kultuur te ontleed. Dit verskaf 'n panoramiese blik, uit die oë van die heldin, op die Amerikaanse kultuur en oorlog wat altyd dreig teen 'n agtergrond van die kultuur se obsessies. Aanhangers kan ook uitsien na 'n rits remixes van American Life deur onder andere Missy Elliott en Felix da Housecat. Madonna is een van die mees oorspronklike en innoverende kunstenaars van die moderne era. Sy het al honderde miljoene albums verkoop en spog met topverkopers oor twee dekades. Haar musiek staan op die voorgrond van die sosiale bewussyn van kunstenaars wêreldwyd. Met American Life het sy weer hand diep in eie boesem gedruk as bron en substansie van haar buitengewone talent. |
Musiek |