Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Belboks

Quintus van Rensburg

BelboksHierdie is een boks wat maar eerder kon toe bly. Die Afrikaanse program BELBOKS! se gewildheid verleen wel daaraan bestaansreg, maar die cd Belboks: kies en kyk musiek lyk na niks meer as 'n poging om 'n paar rand uit 'n klompie stommerike te wurg nie.

Werklike aanhangers van Afrikaanse musiek besit reeds genoeg van die musiek op die cd. Die res is van so 'n wisselende kwaliteit dat dit moelik is om te sien hoe die potensiële koper oortuig gaan word.

Dan is daar ook snitte wat nie in dieselfde paragraaf as die woord kwaliteit hoort nie. Sien liedjie nommer 13 "Die Boeredans" (Boere Boy Band) en nommer 14 "Volkslied Medley" (Charl Smit). Die res van die lys bestaan uit "Ewige Liefde" (Kurt Darren), "Laat hy val" (Blackie Swart), "Naweekliedjie" (Jurie Els & Robbie Klay), "Kaapse draai" (Nadine), "Da-Idi" (Guillaume), "Kan jy dans?" (Sunette Bridges), "Trein na Margate" (Jacques de Coning), "In die middel" (Thys die Bosveldklong), "Ska-Rumba" (Juanita du Plessis), "Jolliefontein toe" (Steve Hofmeyr), "Bobbejaan Vastrap" (Dozi) en "Meisie sonder sokkies" (Steve Hofmeyr)

Die cd het my laat wonder of die meer van die gevestigde kunstenaars ooit omgee saam met wie hulle liedjies verskyn in so 'n samestelling.

Die mense wat die cd gemeester het? Blind Productions!
Koop/Buy Belboks...



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner