AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek SkemerdeuntjiesHaydee HollanderAlmuir Botha, 'n boorling van die Kaap (Brackenfell om presies te wees), is in Kaapse musiekkringe (veral) bekend as heavy-metal kitaarspeler van formaat, blues kenner en eertydse lid van die groep Delta Blue. Maar hy is veral 'n groot aanhanger van boeremusiek en die legendariese Shadows-klank, wat veral deur 'n Fender Strat kitaar voortgebring kan word. Botha se eerste album saam met die legendariese Nico Carstens is dan ook 'n droom wat bewaarheid is, 'n huldeblyk aan een van boeremusiek se groot meesters. Skemerdeuntjies is 'n moet vir aanhangers van Carstens se klank, maar veral omdat dit bekende klanke deur die oë (én vingers) van 'n nuwe generasie musiekmakers is. Musiekmakers soos Botha wat perfek daarin slaag om boeremusiek toeganklik te maak vir almal, van plaasboere en stedelinge, tot musiek snobs en rockers. Botha versit dan ook nuwe grense - hoeveel jong musici ken jy met so 'n goeie begrip en interpretasievermoë vir 'n musiekstyl waarvan hy tegnies gesproke geen kennis hoort te dra nie? Resensente is gaande oor dié album ('n uitreiking van die Afrimusiek etiket.) Valiant Swart sê "dis losweg my gunsteling album vir die jaar". Ook is "Ek ry met die trein" ingestem deur luisteraars van Johan Rademan se RSG program as gewildste liedjie van die week. Die kitaarspel is uit die boonste rakke, die deuntjies vol voete-stamp lekkerte, 'n moderner aanslag vermeng met 'n paar legendariese inheemse wysies waarop die oorspronklike komponiste trots sou wees (vergelyk die nimlike Jan Pohl se pragtige "Sawends", Taffy Kikillus se "Altyd in my Drome" en De Waal se "My Hart is in die Boland".)Trouens as dit nie vir albums soos Botha se Skemerdeuntjies is nie, sal jonger luisteraars seker nie bekendgestel word aan Jan Pohl se musiek nie. Kyk jy na die omslagontwerp, besef jy voorts dat jy hier te doen het met 'n versiende kunstenaar, hoewel nog baie jonk, een met 'n visioen. En die visioen is veral gemik op 'n jonger geslag boeremusiek aanhangers, sonder die negatiewe assosiasies daaraan gekoppel. Saam met Laurinda Hofmeyer verleen die trio van konsertina, kitaar en stem een van die album se briljantste snitte in "Ek verlang na jou". "Trane vir Pieter", een van Botha se eie komposisies is 'n pragtige en roerende liedjie. Akkordeonmeester Nico Carstens maak sy buiging op Botha se eerste album - nie alleen as briljante instrumentalis nie, maar as Botha se mentor. Frank Smuts is die musiekprogrammeerder. As jy belangstel om Botha vir 'n gig te huur, kontak Carol Botha in die Kaap 021-9453260. |
Musiek |