1 is 'n onderwyser, een werk by RAU, een bestuur NaviRedd, een werk in I.T.
Onder die 9 manne is daar 2 ex-Cravenweek rugbyspelers en 'n provinsiale muurbalspeler.
Een van die lede was in die Drakensbergse Seunskoor, maar geen lid het musiek geswot nie.
Een is 'n oud-Vrystater
Hulle het met 'n oorsese kunstefees in 'n gym geslaap omdat hul eintlike slaapplek te ver was van die venue waar hulle opgetree het. Hulle is egter uitgevang en as 'n fire hazard bestempel.
In die Duo Decim dae het hulle peroxide op hulle hare gesit, bloot as 'n bemarkingstrick. Een van die lede het egter al sy hare in die proses verloor.
RAU Alumni borg hulle al jare lank en hulle voel dat baie van hul sukses te danke is aan hul sponsor.
Hulle voel baie mense assosieer a capella met klassieke musiek. Hulle is egter 'n a capella groep met 'n twist en sing liedjies van The Beatles tot by The Beach Boys.
Meisies is hul grootste fans en Hanno (Speknek) Zeeman voel dis omdat hulle so divers is. "Dis soos om by 'n restaurant in te stap. Daar's iets op die menu vir almal."
Sien ons Musiekdagboek vir meer besonderhede oor hul optredes.