AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Fender word 50Haydee HollanderDie Fender Stratocaster is 50 jaar oud en waak jaloers oor die geskiedenis en helde van rock musiek. Dié foto toon Eric Clapton se Fender Stratocaster oftewel "Brownie", wat in 1999 vir digby $497,500 op 'n veiling verkoop is. Die Fender is een van die mees populêre, herkenbare en invloedrykste instrumente. Ook een van die beste verkopers onder elektriese kitare van alle tye. Die Stratocaster is in 1954 bekendgestel en het min veranderings gedurende sy 47 jaar van produksie ondergaan. Miljoene kitaarspelers verkies 'n Fender, waaronder Eric Clapton, Jimi Hendrix, Mark Knopfler, David Gilmour en Stevie Ray Vaughan. The Stratocaster (en sy revolusionêre eweknie, die Gibson Les Paul) staan kop en skouers bo enige ander elektriese kitaar uit, 'n model vir 'n goeie produkontwerp. 'n Sleutel tot die Stratocaster se sukses, is dat die ontwerp die behoeftes en belange van die professionele kitaarspeler in ag neem. Leo Fender (die ontwerper) kon self nie speel nie, maar het gereeld met spelers oor hulle behoeftes gekoukus. Die resultaat is een van speelbaarheid, gemak en goeie klank, terwyl die instrument maklik herstelbaar is en aangepas kan word volgens die speler se behoeftes. Die Stratocasters het ook 'n moderne voorkoms en is beskikbaar in allerlei koel kleure - albei beginsels wat deur ander vervaardigers oorgesien is. Fender het selfs 'n stap verder gegaan deur gebruik te maak van outomobiel verwe in lewendige soliede kleure, soos Daphne Blue, Surf Green en Fiesta Red. |
Musiek |