AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek CelsiusEnige plaaslike musiekliefhebber sal moet saamstem dat daar op die gebied van Afrikaanse musiek die laaste paar jaar opwindende nuwe klanke opgegaan het. Die opwindende nuwe groep Celsius is 'n paar jaar gelede gevorm, en hul musiek word al wyer gehoor. Celsius bied vars, nuwe Afrikaanse musiek met 'n unieke klank wat bestaan uit twee stemme met die akoestiese klanke van twee kitare, perkussie en klavier as begeleiding - ligte, kontemporêre, oorspronklike Afrikaanse musiek. Die groep is besonder veelsydig en maak gebruik van verskillende style, bv. ballades, jazz, blues en folk. Die program is goed gevarieerd en maak voorsiening vir verskillende behoeftes en voorkeure. In die geheel beskou bevat Celsius se musiek al die komponente vir 'n onvergeetlike luisterervaring - goeie variasie, diepsinnige eietydse lirieke, 'n dinamiese kombinasie van mans- en vrouestemme, eg Suid-Afrikaanse verwysings, eg humoristiese aanslag en musikante van formaat. Dis meer as net goeie musiek - dit is 'n ervaring wat iets in jou roer. |
Musiek |