AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Mariangela VacatelloVacatello het onlangs gehore se harte gesteel tydens haar deelname aan die 10de Unisa Internasionale Klavierkompetisie. Die 22-jarige pianis is die wenner van die internasionale Premio Concerti in Villa Vicenza, Italië en tree later vanjaar op in New York stad se beroemde Carnegie Hall. By Lucit gaan sy werke van Beethoven, Schumann en die romantiese Claude Debussy speel. Twee jaar gelede het Vacatello Tijuana besoek om deel te neem aan 'n reeks konserte in 'n poging om fondse in te samel vir die California Filharmoniese Orkes projek. Die ambisieuse plan van orkes direkteur Pablo Varela is om talentvolle musikante van oor die wêreld na Tijuana te nooi in 'n poging om dié stad meer bekend te maak en ernstige musiek daar te stel. Vacatello was al op 14-jarige ouderdom 'n professionele pianis. Beide haar ouers en suster is professionele musikante. Sy voltooi haar opleiding (met lof) aan die Verdi Konserwatorium in Milaan in 1999 en kan reeds 'n hele rits toe kennings agter haar naam skryf afkomstig van plekke soos Albegna, Perugia, Catania, die internasionale Franz Liszt kompetisie in Holland en die XVIII Venice Award 2000. Vacatello speel van 4 jarige ouderdom en gewoond om tot 5 ure per dag te oefen. Vertel sy, "it is important to have a perfect technique in order to express yourself through music. I love the fact that I can express a wide range of emotions through the piano." |
Musiek |