Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Eugene Joubert

Haydee Hollander

Eugene Joubert, algehele wenner van die Unisa Suid-Afrikaanse Musiekbeurskompetisie en die Internasionale Concerto-kompetisie in Tsjeggië (beide 2002), tree op Sondag 19 September by Lucit Candles in Pretoria op.

Joubert (21), 'n Pretoriase pianis en B.Mus IV-student van prof Joseph Stanford (UP) is in 2002 tydens die Unisa Suid-Afrikaanse Musiekbeurskompetisie ook aangewys as die beste onder 20 kandidaat (vir die beste weergawe van 'n Suid-Afrikaanse komposisie: Virtuoso I van Jeanne Zaidel-Rudolph), die Barok-prys vir die beste weergawe van 'n Barokstuk, ongeag die instrument (Prelude en Fuga in A van J.S. Bach) is ook aan hom toegeken. "Dit is elke pianis se begeerte om deur middel van uitvoerings gehore te roer. Jy moet jou verbeel dit is die eerste maal dat die gehoor die betrokke stuk hoor." Joubert se totale prysgeld was R18,800 en bykomende pryse die Suid-Afrikaanse Musiekbeurs, SAMRO/Vladimir Viardo Klavierbeurs, SAMRO-prys en die Hennie Joubert Musiekvriendekring-prys.

Bach se beroemde en magistrale chaconne uit partita no. 2 in D. mineur vir onbegeleide viool (BWV 1004), 'n herinstrumentasie vir klavier deur Ferruccio Busoni (bekend vir sy grootse opgesette opera Doktor Faust) is een van die werke wat gekies is vir uitvoering op 19 September. Chopin se Scherzo no. 4, Op. 54, Ravel se La Valse, die Tokkate uit Drie Klavierstukke van Slavicky en Rackmaninoff se Sonate no. 2, Op. 36 (1931) (Allegro agitato, Non allegro - Lento; Allegro molto) voltooi die program.

In 2000 was hy 4e in die Internasionale Musiekkompetisie "Jeunesses Musicales" in Bucharest, Roemenië en lid van die Pro Arte Trio wat tydens die Stellenbosse Nasionale Kamermusiekkompetisie as kategorie- en algehele wenner aangewys is. Hiertydens ontvang Joubert die prys as beste kamermusikus.

In 2002 neem hy deel aan die Advanced Piano Workshop (UNESCO) in Kromériz, Tsjeggiese Republiek en verower die eerste prys in die Concerto-kompetisie. 'n Prys wat hom instaat stel om binne die volgende jaar terug te keer na die Tsjeggiese Republiek om as solis met orkeste op te tree.

Vanaf 2001 is hy elke jaar 'n wenner van die UP Pretorium Trust Beurskompetisie en SAMRO en UP beurshouer. Joubert kan meesterklasse van Adam Wodnicki, Eric Larson, Jan Kadlubsiki, Joseph Banowetz, Marian Lapsansky, Petronel Malan, Raduslav Kvapil en die Franse duo Mario Vachon en Guy Campion agter sy naam skryf.

As solis tree hy op saam met die Kromériz Internasionale Feesorkes, die SASOL Pro Musica Simfonie-, Johannesburgse Simfonie- en die UP Simfonie-orkeste. Hy het ook solo-uitvoerings gelewer in Roemenië, die Tsjeggiese Republiek en verskeie stede in Suid-Afrika. 'n Uitruilskema tussen die Universiteit van Pretoria en Zurich, Switzerland het Joubert instaat gestel om in November verlede jaar vir twee weke meesterklasse aan die Hochschule, Zurich te ontvang en 'n solo-uitvoering te lewer.

Die konsert op 19 September word voorafgegaan deur 'n kompetisie in Stellenbosch en Unisa eksamens.

'n Vraag na Eugene se gunsteling komponiste verklap heelwat van die skugter pianis: Liszt (uit die Romantiese tydperk waar die klavier die belangrikste solo-instrument was), Bach (wat ten spyte van 'n droewige huislike lewe een van die grootste komponiste van alle tye geword het), Beethoven, Rachmaninoff en die impressionistiese Ravel. (La Valse was deur 'n misverstand bedoel as ballet vir Diaghilef.)

" 'n Persoonlike gunsteling van my is die werk van Liszt. Sy B mineur sonate is 'n buitengewoon moeilike maar gewilde stuk onder pianiste. Liszt vereis van die uitvoerder daarvan buitengewoon delikaatheid sowel as krag. Die drie bewegings wat inmekaar vloei, is 'n goeie voorbeeld van tema-transformasie in Liszt se werk." Die B min sonate van Liszt was deel van Joubert se voorgeskrewe werk vir die Unisa Nasionale Klavierkompetisie in Maart verlede jaar.

Verskillende konsertsale, gehore en klaviere. Ek vra hom na die intieme huiskonserte (soos by Lucit Candles in Pretoria en in Kroonstad waar hy gereeld optree) versus die groot konsertsale soos die Ou Mutual-Saal by Unisa en sy ervaring daarvan: "Die keuse van stukke is nogal voorskriftelik, maar elke saal het sy eie bekoring. Die groot sale in die buiteland maar ook plaaslik gee jou wel soms die afstand van jou gehoor wat nodig is vir die groot klavierkonserte." Eugene se gunsteling klavier is die Steinway en hy hoop om eendag sy eie vleuel te kan besit.

En naas musiek, wanneer hy nie ure lank oefen nie? "Goeie kos! opbeurende geselskap, Rowan Atkinson, reis, my uitgebreide musiekversameling. Ek luister graag na ander pianiste." Sy mentors (buiten dosente) is almal by wie hy al meesterklasse ontvang het, asook Emil Gilels, 'n tydgenoot van die Russiese Sviatoslav Richter.

Voor ons afsluit, vra ek hom om sy liefde vir musiek te definieer: "Hugo Wolf, ook 'n romantiese komponis skryf ter verduideliking aan sy pa oor waarom hy musiek sy loopbaan wil maak, die volgende: I am so passionately fond of music, it is food and drink to me."

Die konsert by Lucit begin 16h00 vir 16h30. Kaartjies kos R60 per persoon en jy is welkom om te bly vir aandete na die konsert. Kom vier die geleentheid saam met vriende en familie.

Joubert se Program:
Bach: Chaconne uit Partita no.2 vir viool, BWV 1004 (verw. Busoni)
Chopin: Scherzo no.4, Op.54
Ravel: La Valse
Slavicky: Tokkate uit Drie Klavierstukke
Rachmaninov: Sonate no.2, Op.36 (1931)
(Allegro agitato; Non allegro - Lento; Allegro molto)
Sien ons Musiekdagboek vir meer besonderhede.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner