AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Teen die bergGerhard Steyn se oorspronklikheid en charisma is oorweldigend en daar is geen twyfel dat hy die volgende "GROTE" in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gaan wees nie. Gerhard; musikant en liedjieskrywer, skryf en sing sy eie musiek. Vra jy hom hoekom daar so 'n wye verskeidenheid skryfstylle en klanke op sy nuwe album Teen die berg is, antwoord hy selfversekerd en heel op sy gemak.. "....het jy al ooit iemand gesien wat die heeltyd lag, of iemand anders wat die heeltyd sit en huil........nee...verseker nie, ons is mos almal mense wat uiterste emosies ervaar.. kom dit by optredes en 'n spesefieke musiekstyl sal ek veel eerder 'n Robbie Williams wees.." sê Gerhard.... "...gaan kyk maar wat doen hy internationaal: rock, pop, jazz en swing....hy doen vier verskillende musiekstyle." Die lirieke en melodieë van Gerhard se totale nuwe afrikaanse musiekstyl Bubblegum rock vind groot aanklank by oud en jonk. Luister jy na die CD besef jy dat al veertien liedjies uitstaan en elke liedjie op hierdie trefferalbum tot sy eie reg na vore kom. 1. "Bietjie- bietjie", 2. "Tussen twee riviere", 3. "Teen die berg", 4. "Houthuis (Jolee)", 5. "Drome", 6. "Kielie my voete", 7. "Suzie", 8. "Lappieskombers", 9. "Psalms van 'n digter", 10. "Pretoria", 11. "Cha Cha da mambo", 12. "Tokkelossie", 13. "Swerwer" 14. "Madeleintjie Malan" Gerhard Steyn was vroeër bekend as die hoofsanger en ritme kitaarspeler van die gewilde groep Windpomp. Kort na die manne se paadjies geskei het aangaande toekoms vooruitsigte is Gerhard deur Vonk Musiek opgeraap. Gerhard en Kobie Koen het saam vyf van die veertien treffers op die Album geskryf en dis maar net die begin ... Gerhard het sy lyf ook akteur gehou in twee van SABC2 se gewildste sepies, maar hy laat jou gou verstaan dat sing, skryf en lewendige optredes sy grootste passie in die lewe is. Tans spits hy al sy aandag op sy musiek loopbaan toe en het besluit om vir eers die TV-werk opsy te skuif.
Met die oploop van sy nuwe CD is Gehard alreeds besig om gehore landswyd met sy nuwe vertoning te oorrompel... en die optredes stroom in. |
Musiek |