AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() AdriaanVan kind's af was hy al lief vir die verhoog. Sy eerste optredes het in die kerk begin. Adriaan het aan die Pretoria se Kinder-koor behoort tot hulle verhuis het na Krugersdorp waar hy gereeld in die gemeente opgetree het as pianis en sanger. Hy het in die tyd hom ook bekwaam as die tienergroep se sang- en orkesleier. Gedurende die hoërskool het Adriaan al begin komponeer en in sy matriekjaar die A.G.S. se Ster '93 kompetisie vir eie komposisies gewen. Na skool het hy vir 2 jaar aan jeug-aksies behoort en sy pos as orkes- en sangleier volgestaan. Adriaan het in Suid-Afrika, Madagaskar en Namibië getoer. Een van sy optredes was 'n voorskou vir Pam Thum 'n Amerikaanse sangeres en Julian van Amborg wat die rol van Gretha vertolk in Days of our lives, en saam met Einrich Herbst, Melani, C.J, en S.A. Idol Heinz Winkler. Huidiglik betree hy die ligte Afrikaanse musiekmark met sy eerste CD genaamd Klein-Karoo. Al die snitte op die CD is sy eie komposisies, self verwerk en self opgeneem by Fatboy Productions Studio. Al 13 snitte is in Afrikaans. Die styl wissel van rock tot dans, ligte en erenstige musiek. Elke lied het 'n boodskap en 'n bietjie waarheid in 'n ligte en ook ernstiger luim vasgevang. Klein-Karoo se boodskap is dis lekker en OK om Afrikaans te wees. Dis ook 'n posetiewe uitkyk op 'n veranderende land en dit wat daarmee gepaard gaan met 'n bietjie heimwee uit ons verlede en hoop op die toekoms. Adriaan het onlangs kom nes skop in Brakpan en vra jy hom hoekom sê hy gou: "Waar anders voel 'n dorp nog soos 'n dorp. Die huisie hier het nog karakter." |
Musiek |