AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Kersfees KlavierHier, in die hartjie van Roekeloos.co.za, word alles aangedryf deur rekenaars. Selfs die radio moes die knie buig. Weg is die groot knop wat jy kon draai of druk om by jou gunsteling stasie uit te kom. Die hele radio is nou iewers in een van die rekenaars en geprogrammeer om, meeste van die tyd, RSG uit te saai. Weg is al die gunsteling kortgolf-stasies. Die nuwe elektroniese stelsel maak nie hiervoor voorsiening nie en bandwydte is te duur in Suid-Afrika om heeldag op die Net te sit en radio luister. Nie dat daar iets fout is met RSG nie. Die dag in dag uit sonder grense raak net by tye te veel. Soms word die cd´s wat ons ontvang gespeel, maar dit val ook nie altyd in almal se smaak nie. Die kersseisoen bring altyd groot verligting. Almal hou mos van Kersfees CDcd´s. Jeandré Hartman se Kersfees Klavier is die jongste CD op ons speellys. Wanneer Kersfees Klavier speel kan jy maar die ander mense dophou. Almal neurie saam, selfs diegene wat Kersfees afsweer. Iemand protesteer nog die een oomblik en die volgende oomblik val hy in by "Stille nag", "Kom alle getroues", "Die Heiland is gebore", "Silver bells", "Joy to the world", "Somerkersfees", "Mary´s boy child", "Betlehem ster", "O die goeie tyding / Kom kinders kom sing", "Dis Kersfees", "Herders op die ope velde", "Away in a manger", "Hoor die blye engellied" of "The first noel". Hulle is almal daar en meeste verwerkings is deur Hartman self gedoen. Jeandré Hartman was deel van die span wat gewerk het aan die produksie, verwerkings en klank op albums van Juanita du Plessis, Guillaume, Gerrie Pretorius, Freda Francis, Sunette Bridges, Arno Jordaan (ZING), Robbie Klay en nog baie ander! Hy het in totaal aan sowat 50 albums gewerk met verkope van digby 700 000 eenhede. Hy werk huidiglik aan sy tweede cd waarop ons sy stem ook gaan hoor. Kersfees Klavier gee jou uiteindelik rede om nie weer 'n Kersfees met Boney M opgeskeep te wees nie. |
Musiek |