AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Bob MarleyQuintus van RensburgOp die mooiste eiland wat een paar oë ooit aanskou het, dis nou as jy Columbus kan glo, het 'n jong Jamaikaanse meisie op 4 Februarie 1945 geboorte geskenk aan kaptein Norval Marley se seun Robert Nesta Marley. Die seun se ouers is nooit getroud nie en die kaptein het Cedalla Booker kort na die geboorte verlaat. As jong man was Bob beste vriende met Bunny Wailer en hulle het later 'n driemanskap geword toe hulle Peter Macintosh in 'n musiekklas ontmoet. Dit was egter sy ontmoeting met Jimmy Cliff wat die eerste tree was op sy pad wat sou eindig as 'n internasionale ikoon. Cliff het gesorg dat Marley se eerste oudisie kry en dit was dadelik duidelik dat hy buitengewoon talentvol is. In 1963 stig Bob, Bunny, Peter Tosh en 'n paar vriende die Wailing Wailers. Later is hulle herdoop tot die Wailers met Bob Marley wat meeste van die liedjies geskryf het. Na vele albums het Bunny Wailer en Peter Tosh hul eie paadjie geloop en die groep se naam is verander Bob Marley and the Wailers. In 1963 is Bob Marley getroud met Rita Anderson. Rita Marley het later een van die I-Threes geword. Die drie vrouestemme in die agtergrond het Marley gehelp het om sy kenmerkende klank te skep. Hul eersteling is vernoem na sy moeder Cedalla. Gedurende 'n toer in Europa in 1977 het Marley sy toon beseer in 'n sokkerwedstryd. 'n Diagnose het getoon dat die toon kankeragtig is. Die kanker kon gekeer word deur die toon te amputeer, maar Marley het geweier omdat sy Rastafariese geloof dit verbied het. Sy gesondheid het stelselmatig versleg en hy is op die ouderdom van 36 jaar oorlede in 1981 weens kanker in 'n hospitaal in Miami. Bob Marley sou Sondag 6 Februarie 2005 60 jaar oud wees. Die geleentheid word vanjaar met die Afrika Verenig Fees in Ethiopië gedenk. Bob Marley se nalatenskap sluit in: Lank lewe Bob! Bronne: |
Musiek |