Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Zol Josling

Eendag lank lank gelede, in 'n klein plattelandse dorpie, een van daai hoender-uitswaai-dorpie-mis-dorpies, na 'n stresvolle swangerskap (dis mos wat gebeur met buite-egtelike geboortes) het Magda Josling geboorte geskenk aan 'n onmoontlike klein Zol Egnatius Josling.

Zol is vernoem na sy pa, natuurlik M.I.A., 'n vredesvegter gedurende die ou bedeling en aktiewe deelnemer aan die anti-apartheid beweging gedurende die laat sewentigs.

Van kindsbeen af was Zol geken vir sy onmoontlikheid en absolute minagting van outoriteit en was reeds jonk gemerk as 'n moelikheidmaker. Dit is maklik om Zol onder jou taboekassie te klassifiseer, maar Zol se onmoontlikheid was nie bloot vir die onthalwe vir onmoontlikheid nie. Dit is aangespoor deur 'n diepe konflik met die konserwatiewe opbrengs wat hy beleef het.

Dit mag moontlik die rede wees waarom Zol gereëld gevang is terwyl hy vredespype gerook het met die stamvaders van die plaaslike Setswana-bevolking. Opsoek na die dieper betekenis van samelewing was Zol nie bang om sy verskille met sy portuurgroep te deel nie en is ook op die ouderdom van 15 geskors van sy plaaslike hoërskool na wat geklassifiseer is as "gewoonte oortredings".

Zol het as tuis verder studeer en is veral gefassineer deur die Afrika-filosofie, wat een was met sy volwassewording. Zol het gematrikuleer in 1996 en is na die Universiteit van Pretoria om sy studies voort te sit, in wat sy voogde geklassifiseer het as die veiligste beroepsrigting in 'n vinnig veranderende Suid Afrika.

Dit was die begin van die eksperimentele stadium in Zol se lewe en het ook die geboorte van Die Zol Josling Groep gekenmerk. Sonder om onnodige tyd te spandeer aan 'n paar van die komieklike insidente gedurende die tydperk kan die dagboek nou oorslaan na die datum 31 Maart 1998 toe Zol vir Paal de Waal ontmoet het in 'n klein gerookte kroegie in Arcadia, Pretoria.

Zol en Paal kon mekaar onthou van 'n vlugtige vroeëre ontmoeting by 'n Nasionale Boeremusiek Gilde-optrede in Rooihuiskraal net buite Centurion, Pretoria. Zol se oupa en Paal se vader was aktiewe musikante in die boeremusiekkringe en die ontmoeting kan duidelik toegeskryf word aan die feit dat beide kalante 'n verlate Swarthaak uitgesoek het nadat die oorweldegende hoeveelheid alkohol nie meer inwendig wou verkeer nie.

Daar is dadelik besluit om 'n groep te begin met Zol op ritmekitaar en Paal op lead en die groep se eerste opname was in die Jeremia 13:14 studio's nadat 'n teoloog vriend 'n paar toutjies getrek het. Alle materiaal moes dadelik gesensor word terwyl Zol vlugtig aan meer samelewingsvriendelike lirieke moes werk.

Soos kon verwag kan word was die skielike verandering na gospel musiek 'n globale v!@#&*p en die musikale vermoë van die twee het veel te wense gelaat. Tog was die gees nie gedemp nie en die twee het besluit dat publieke kritiek nodig was om agter te kom waarvan Suid Afrika hou.

Die groep se eerste vertoning was later die jaar in omtrent Augustus toe hulle ge-open het vir Vinkel en Koljander in 'n minder gekende entertainment venue in Esselenstraat Sunny Side.

Zol was byna dadelik geboek vir 'n weeklikse optrede en so het die ontkieming begin.

Die groep het dadelik agtergekom dat dit nodig is om meer groepslede te betrek maar die beskikbaarheid van drommers en baskitaarspelers was 'n hekkie wat byna nie oorkom kon word nie. So erg was die frustrasie dat Paal besluit het om self die twee instrumente te leer speel en het so gemaak met die groep se eerste formele studio sessie in die SAUK studio's in Weavind Park, Pretoria in April 1999.

Die opname was oor twee dae gedoen en het van die groep se meer populêre nommers soos "Sunnyside", "Medisyne", "Twee voels Drie" en "Ek praat Afrikaans" ingesluit. Alhoewel die groep se talent duidelik erkenbaar was met die opnames was dit tog nodig dat die groep hulself musikaal verskerp.

Dit was gedurende Augustus 1999 wat die groep die aandag van 'n populêre Suid Afrikaanse platemaatskappy getrek het en waar dit ooreengekom is dat die groep se eerste plaat in April 2000 vrygestel sou word net na die vrystel van Theuns Jordaan se eerste plaat.

Dit was goeie nuus vir die manne wat hulle publike optredes uitgebrei het na gewilde musiekfeeste en die hulp van twee vriende is ingeroep vir die rolle van drommer en baskitaarspeler. Zol se optredes was saam met van die land se bestes en dit was 'n groot eer vir die groep om met die musikante geassosieer te word.

Paal en Zol was erg gepla met die standaard van hul musiek en dit was duidelik aan die twee dat hulle ten spyte van hul oortuiging in terme van die groep se samestellings en lirieke nie op die standaard is wat hulle graag sou wou hê nie en hulle het musikaal erg beperk gevoel.

Die groep het in Desember 1999 besluit om hul vlerke musikaal te sprei en het hul aandag gevestig op 'n blootstelling aan internasionale musiek.

So erg was die groep se fokus op hul groei dat twee lede die groep verlaat het en net Paal en Zol oorgebly het. Die groep het besluit om nie 'n album in April uit te bring nie en het na 'n onderonsie met die plate maatskappy nie voortgegaan met die produksie nie.

Dit het die groep sekerlik nie te populêr gelaat nie maar hul musikale fokus was onveranderd. So het die musikale vormingsjare van die groep begin en daar was in die periode van Januarie 2000 tot Augustus 2003 ge-eksperimenteer met nuwe instrumente en produksie tegnieke in die groep se Weavind Park studio's saam met 'n paar musikale vriende.

Die groep het in Augustus 2003 hul studio verloor nadat die gebou aan die Scorpions verkoop is en die groep het verskuif na 'n plot net buite Johannesburg waar van hul mees kreatiewe werk gedoen is tot op hede.

Die groep het egter in April 2004 besluit, op die vyf jaar herdenking van hul eerste formele opname om hul aandag weer te vestig op 'n nuwe poging om hul stempel op die Afrikaanse musiekindustrie te druk en het begin met die samestelling van die demonstrasie album genoem Aangename Kennis.

Die demonstrasie sluit in 6 nommers opgeneem gedurende verskillende fases van die groep se ontwikkeling sowel as 'n onderhoud gevoer met 'n groepslid gedurende Julie 2004.

Zol Josling is 'n definitiewe interessante uitvloeing uit konvensionele Afrikaanse musiek en beloof om jou te prikkel op een of ander manier. Verwag niks en kom loer in in Zol Josling se wêreld.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner