AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Inconsistant BehaviourJy sal verskoon word as jy Jesse Jordan nie raaksien as hy langs jou by die kroeg staan nie. Maar hoewel hy nooit vir die rol van die reus in Jan en die boontjierank in aanmerking gaan kom nie skort daar absoluut niks met sy musikale vermoë nie. Jesse Jordan is meer as net knap as die frontman van die Jesse Jordan Band en met Alex Power as lid van die geselskap is ek nie juis verbaas oor die kwaliteit van die nuutste album, Inconsistant Behaviour nie. En met kwaliteit verwys ek nie noodwendig na die goeie ou tipiese klank van die groep nie. Dit is 'n nuwe aanslag wat wyd gewild kan raak onder uiteenlopende ouderdomsgroepe. Die tipe cd waarvan jy gaan hou sonder om dit 'n tweede keer te moet speel. Inconsistant Behaviour is nie die tipiese Suid-Afrikanse rock album met een of twee goeie liedjies begrawe in 'n klomp kaf nie. Sit die cd op by jou volgende party en kyk hoe die mense dadelik gaande raak daaroor. Daar is 'n rede hoekom troppe Stellenbosche nonnatjies agter die Somerset-Wes band se gigs aanry en voor die verhoog staan en wriemel en kwyl soos iets wat een of ander gaapsiekte het. Die Jesse Jordan Band is een van die mees hardwerkende bands in Suid-Afrika en moet sekerlik voor in die koor wees van bands wat dit verdien om groot naam te maak. Hulle gewildheid op feeste is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat hulle enige groep mense kan opsweep met hulle musiek. Dit was al gereeld my ondervinding dat hulle "goter" name laat sleg lyk het op 'n rockfees. Inconsistant Behaviour word aanbeveel met 'n oop gemoed. |
Musiek |