AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Jannie en die tannieHierdie weldeurdagte, fyn stuk musiekteater uit die pen van Jannie en Christa stel ondersoek in ná, en ontketen 'n warboel van emosies óór die liefde. Diè twee deurwinterde kunstenaars, wat reeds meer as 20 jaar saam in die bedryf is, bied 'n lag-met-'n-traan ervaring wanneer Christa benewens haar briljante klavierbegeleiding ook 'n verrassende buiging maak in die komiese rol van 'n egte plattelandse tannie. Jannie beïndruk met van sy immer gewilde liedjies soos "Madeleine" en 'n treffende verwerking van hulle regisseur Engemi Ferreira se "Eensaamheid". Saam met Christa trek hy ook 'n nuwe baadjie aan vir liedjies soos "Tussen jou en my" van Dozi en trakteer die gehoor met liedjies uit verskillende wêrelddele. Dit sluit nuwe Afrikaanse liedjies tot by 'n Franse Brel-juweel in. Jannie en die tannie is sedert 2005 op die planke en verskaf aan 'n honderdtal gehore hier en in die buiteland groot plesier. Coene de Villiers sê dat wonderlike musikaliteit 'n gegewe is met Jannie en Christa se vertonings, "maar hierdie vertoning is soveel meer - dit is veral die humor en warmte wat gehore meevoer. Dit is vermaak uit die boonste rakke!" Gedurende Desember 2006 is dit ook agt keer deur KYKnet uitgesaai. Soos dit goeie kabaret betaam, verras die twee kunstenaars egter telkens hulle gehore - en hulself - met impromptu komedie en interpretasies van die musiek. Anders as die nuus om sewe, verlaat die gehoor die teater tipies met 'n warm gevoel van tevredenheid in die hart en 'n glimlag wat sommer vanself oor die mondhoeke spoel. Die program word as Jannie du Toit en Christa Steyn se suksesvolste werk tot dusver bestempel. |
Musiek |