,
Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Laurika Rauch

Plakboek

Hulle is volksbesit, loop die pad al lank en die vier seisoene lę in hul stemme opgesluit. Nou, vir die eerste keer, kom Laurika Rauch en Amanda Strydom bymekaar en maak 'n plakboek - 'n Klankplakboek, 'n onthouplakboek, 'n nostalgiese plakboek met die liedjies wat die afgelope aantal jare sinoniem met hulle geword het. Beide is interpreteerders van die woord, beide het passie in gemeen hoewel hulle verskil in vele opsigte, soos pinotage en merlot. Hulle vertolk saam hulle liedjies asook die van die groot geeste soos Hennie Aucamp, David Kramer en Jacques Brel. Voeg hierby die musikale insette van Janine Neethling en Peter McLea en hierdie plakboek word 'n lewende testament van bykans dertig jaar se passie vir die woord, die lied en die lewe. In Plakboek wil Rauch en Strydom die kern van hul werk ten toon stel - in gestroopte eenvoud, met die mag van musiek.

Die produksie was by 2005 se KKNK uitverkoop en is genomineer vir die Kanna toekenning vir beste Musiek Teaterstuk. Vir Rauch en Strydom bewonderaars wat hierdie juweel by die KKNK misgeloop het, is die speelvak by Caesars Gauteng 'n gulde geleentheid om te deel daarin.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner