,
Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Mal oor jou - Rudi Muller

Mal oor jou

In die afgelope 6 jaar, en van die vrystelling van sy eerste album, Kan Jy My Hoor?, het Rudi Muller 'n gunsteling onder musiekliefhebbers van alle ouderdomsgroepe geword. Met sy ryk, gevoelvolle stem, en die ballades wat hy met soveel oorgawe weergee, het hy vir hom 'n plek in die musiekwêreld oop gesing. Dit is hierdie ster-kwaliteite wat op sy splinternuwe album, Mal Oor Jou vasgevang is.

Met Mal Oor Jou, is Rudi nie net ouer nie, hy het ook musikaal gegroei en sy stem het ryper en meer volwasse geword. Luister jy na die liedjies op Mal Oor Jou, Rudi se stemkwaliteit en na die emosie en vertolking van die lirieke, is dit Afrikaanse musiek van gehalte, gevoelvol vertolk deur 'n sanger van onmeetbare musikale talent.

Mal Oor Jou bestaan uit lirieke en musiek uit die penne van ons land se beste musikante, vasgevang op 'n briljante album deur 'n baie talentvolle musikant. Daar is 14 snitte op die album wat varieer tussen liedjies wat Rudi self geskryf het, en ander komposisies van briljante Afrikaanse musikante.

Rudi het 4 van die snitte op die album, As jy maar net..., Ek kan nie meer wag nie, Al my drome, en die sielvolle ballade, My liefste mens gekomponeer. Verstom het hy saam met Pieter Smith geskryf, en Mal oor jou saam met die musikant William Blackrose.

"Ek het die afgelope ruk al hoe meer waarde aan die mense wat ek lief het begin heg. Dít dra ek oor in die musiek en lirieke wat ek skryf."

Op Mal Oor Jou bring hy ook 'n ode aan groot musikante soos Anton Goosen en Stefan Bouwer met hulle liedjie, Mense wat ek lief het. Hy sing Danie Niehaus se Hammer aan my hart, Lourens Fourie se Liefdes Liedjies, en Joe Niemand se Ek wonder of jy onthou en Warm Patat.

"Ek hoop hierdie CD bring nie net 'n ode aan die kosbare mense in my lewe nie, maar vang ook daardie lekkerkry dele van die lewe vas, en laat mense besef hoe belangrik dit is om dié om jou te waardeer en lief te hê."
Koop / Buy Mal oor jou....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner