,
Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Shine 4

Shine 4, Suid Afrika en die wêreld se eerste Afrikaanse girl band het groot golwe gemaak in die musiekwêreld met hulle debuut album Begin.

Met 10 000 kopieë verkoop het Liesl, Marlese, Desirée en Jill gehore vanaf Upington, Ermelo, Piet Retief tot Kaapstad en Durban regoor SA mal gehad. Shine 4 was al te siene by meeste van die land se feeste en kan vir die derde keer gesien word by hierdie jaar se Huisgenoot superkonsert Skouspel.

Shine het al verhoë gedeel met sterre soos Steve Hoffmeyer, Patricia Lewis, Eden, Juanita, en Kurt Darren om 'n paar te noem.

Intemasionale belangstelling het vinnig gevolg na hulle plaaslike sukses met optredes vir koninklikes in die Seychelles tot die Shine toer in Namibië en baie suksesvolle optredes in Londen.

Die unieke en dinamiese 4 meisies was al te siene op meeste van SA se TV programme insluitende Noot vir Noot, Sewende laan, Pasella, Geraas, Belboks, Dis hoe dit is met Steve, Friends like these, Kwêla en was gekies as 'n gunsteling deur die bekende Amerikaanse aanbieder Jerry Springer na hulle asemrowende optrede in sy M-Net verskeidenheids program Saturday night with Jerry Springer.

Onlangs het een van Suid Afiika se prominentste Afrikaanse platemaatskappye, Select die vier sterre 'n kontrak aangebied vir hul tweede Album, wat om en by in Julie vrygestel sal word.

Hulle is tans besig in die ateljee met opnames en is baie opgewonde oor die nuwe materiaal wat sorgvuldig gekies was deur- hul platemaatskappy, Didi Kriel (die stigter en mentor van Shine 4), hul vervaardiger- Mark Kahn en die vier sterre. Hul is ook besig met beplanning vir 'n opwindende nuwe show wat binnekort landwyd te sien sal wees.

Shine 4 is beslis een van Suid-Afrika se populêrste groepe wat duisende mense in ons land se harte raak met hul positiewe musiek en energie.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner